Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Vlakkiekrieket gedy met dié nuwe span

Riverview het ’n nuwe vlakkiekrieketspan.

Sowat twee maande gelede het ’n groep jongmanne en seuns besluit hulle het nou genoeg gehad van misdaad en bendebedrywighede in hul woonbuurt.

“Hierdie gedagte het van Jaco Buys gekom, wat ook sy tweelingbroer verlede jaar in ’n tragiese voorval verloor het. Jaco moet regtig geprys word vir die passie en liefde wat hy ingesit het om die seuns te ontwikkel as ’n talentvolle vlakkiekrieketspan.

“Hulle wil niks anders doen as om net krieket te speel en mense in die gemeenskap te vermaak nie,” verduidelik Wilfred September, die klub se skakelpersoon.

Die Riverview-gemeenskap het die span met ope arms verwelkom en praat net met trots oor hul span.

“Sondae word middagete vroeg klaargemaak om langs die veld te gaan sit om hul span te ondersteun.

“Wat baie ooglopend is, is dat hierdie span wat so jonk is een van die grootste ondersteunertalle het. Aangesien die meerderheid van die spelers in Riverview bly, is daar ook besluit om die span se naam te koppel aan die woonbuurt en die klub is gestig as View Pro-krieket­klub.

Sporting Stars-stigting het ingestem om te help om uitrustings te bekom. Die stigting het ook ’n embleem ontwerp wat op View Pro se uitrusting sal pronk.”

September voeg by die klub diskrimineer op geen vlak nie.

“Die klub diskrimineer nie wat betref ras, geloof of kultuur nie. En wat die klub ook spesiaal maak, is dat daar twee gestremde spelers vir die klub speel. Die klub vaar regtig goed daarin om Riverview ’n beter plek te maak.”

As deel van hul geldinsameling beplan die nuwe klub ’n braai vir 31 Julie.

“Enige persoon of besigheid is meer as welkom om iets te borg of finansieel by te dra om hierdie seuns te help met hul eie uitrusting.

“ ’n Mens kan ook donasies in die vorm van hoender, wors of broodrolletjies maak. Die geringste bydrae sal ’n verskil maak.”

Bel Jaco Buys by 064 343 0040 of Leon Hermanus by 071 627 0257, of Wilfred September by 084 472 8300 vir meer inligting oor donasies.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.