Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Vlakkiekrieket lekker jolig

Vlakkiekrieket by die Riverview-woonstelle het onlangs weer posgevat met die stigting van die Victorians-krieketklub asook Lockdown United wat Sondag 11 Oktober teen mekaar gespeel het.

Beide spanne is by die Breedevallei-gemeenskapskrieket-vereniging geaffilieer en in Riverview gesetel.

Die wedstryd was deel van die gemeenskapsbeker-toernooi wat verlede Sondag begin het en tot 13 Desember sal duur.

Lockdown United het die wedstryd gewen nadat hulle slegs 36 vir ’n oorwinning moes aanteken. Maar volgens Deovin Phillips is die oorwinning bysaak. “Wat eintlik saak maak, is die feit dat jongmanne ook kon saamkuier op ’n krieketveld wat in die meeste gevalle ’n vlakkie vol bendegeweld is. ’n Feestelike atmosfeer het geheers en spelers sowel as toeskouers het dit terdeë geniet.”

Volgens Haroldine Williams, ’n bestuurslid van Victorians, het sy dit lanklaas so in haar wyk geniet. Geen voorvalle is aangemeld nie, en ná die wedstryd is saam gebid, waarna die spanne uitmekaar is.

Al twee klubs se bestuur, tesame met Millennium Tigers-krieketklub, gaan hande vat en saamwerk om nog meer jongmanne by hul klubs betrokke te kry.

Volgens raadslid Joffrey Jack bly die ideaal om vlakkiekrieket se gloriejare by Riverview-woonstelle te laat herleef.

Hy is baie betrokke by die klubs en help waar hy kan om die sportsoort in sy wyk uit te brei. . Enigiemand wat by die onderskeie klubs betrokke wil raak, kan Deovin van Lockdown United by 072 024 4898 of Haroldine van Victorians by 076 827 4104 kontak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.