Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Vlakkiekrieket stof weer die kolwe in Breedevallei af

Die Breedevallei-gemeenskapskrieket-vereniging is weer ten volle aan die gang en het vandeesweek sy eerste amptelike vergadering tussen die onderskeie klubs gehou.

“By die vergadering is op ’n uitkloptoernooi besluit wat die komende Sondag (27 September) vir senior spanne sal plaasvind. Die rede vir dié toernooi is sodat klubs hulle kan voorberei op die seisoen wat voorlê. Die toernooi sal hoofsaaklik in Roodewal plaasvind met ’n moontlike Hexpark-eindstryd,” sê Japie Visser van die vereniging.

Wedstryde tussen die deelnemende klubs sal so ver as moontlik op neutrale velde gespeel word. Alle wedstryde sal om 12:00 begin, waarna spanne uitgedun sal word namate die toernooi vorder.

Die wedstryde sal uit een ronde van 15 boulbeurte bestaan.

“Op die oomblik is die deelname van tien spanne verseker aangesien die res van die klubs aan die Riverview-toernooi deelneem.. Intussen het Victorians teen Hartwig Lions op Greenvalley gespeel en dié wedstryd met drie paaltjie gewen. Die besoekers, wat 67 vir ’n oorwinning moes aanteken, het die teiken in die twaalfde boulbeurt bereik met drie paaltjies staande. Die klubs se spelers asook bestuur was in hul noppies met die goeie gees waarin die wedstryd gespeel is. Die spanne sal binnekort ’n vriendskaplike wedstryd speel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.