Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Wêreld lê aan tienerdanser se voete

Sy het al ballet en karate probeer, maar dit is op die baldansvloer waar sy haar hart verloor het.

Só beskryf Bethany Jeftha, ’n graad 8-leerder aan Worcester Gimnasium, haar voorliefde vir hierdie danssport. Sy het vanjaar reeds haar SA kleure vir baldans verwerf.

Bethany het verlede naweek nog medaljes ingeoes toe sy by die Suid-Afrikaanse Dansstigting (SADF)-kompetisie in die Kaap twee eerste plekke en ’n tweede plek behaal het.

Bethany dans onder die SADF sowel as die Suid-Afrikaanse Dansraad (SADC) in die junior-afdeling (13-16 jaar).

“Op die oomblik is sy nommer een in die SADC vir baldans en Latynse dans,” sê Bethany se pa, Irvine Jeftha, trots. “Sy is eerste op die SADF-ranglys in die Wes-Kaap en tweede op nasionale vlak.”

Bethany is ook deel van die Gio-dansstudio deur wie sy al hierdie prestasies behaal het.

Die 13-jarige Bethany is vroeër vandeesmaand deur die SADC genooi om Suid-Afrika by die Wêreld-baldans- en Latynsedans-kampioenskap in Frankryk en Italië van 13 tot 15 Desember te verteenwoordig.

“Ek is baie opgewonde en hoop ons vaar goed in Frankryk en Italië,” sê Bethany.

Haar dansmaat, Shequille Stevens, is van Atlantis en hulle moet elke Dinsdag Atlantis toe gaan om te oefen. “Dit is moeilik, want hierdie sport is baie duur – die rokke, die vervoer en nou die oorsese kampioenskap. Ek moet baie opofferings maak, maar ek sê altyd vir my dogter ek doen dit vir haar omdat ons nie sulke geleenthede gehad het nie,” sê Irvine.

Bethany se grootste uitdaging is haar toewyding aan haar fiksheid. “Jy moet fiks wees en my ouers motiveer my elke dag om my fiksheid te verbeter, want dit help met my dans.”

Sy sê sy het nooit gedink sy sou SA kleure vir dans kry nie. “Ek het nie eens geweet iets soos baldans bestaan nie. Maar om my SA kleure te kry, voel goed. Ek het nooit gedink ek sou dit bereik nie.”

Sy sê sy verkies Latynse dans bo baldans. “Ek voel meer vry om Latynse dans te doen en nie so geheg aan my dansmaat nie. Ek kan myself wees en vrylik dans en ek kan my uitleef,” sê sy.

Bethany se volgende kompetisie is Saterdag (25 Augustus), wat ’n SADC-kompetisie by die Bellville-gemeenskapsentrum is.

Irvine sê hy en sy vrou, Lyzette, is dankbaar vir almal wat al ’n bydrae tot haar deelname aan die wêreldkampioenskap gemaak het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.