Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Wilco leef sy rugbydroom uit

Hy mag miskien nie benoem wees vir een van die gesogte pryse van SA rugby nie, maar Wilco Louw gaan steeds voort om sy droom uit te leef en ander te inspireer.

Meninge sportman en -vrou moet dikwels baie diep in hulle eie karakter delf om die uitdagings op ’n triomfantelike wyse te oorkom. Innerlike sterkte, bomenslike krag en die ambisieuse wil om te presteer, maak van hulle sporthelde.

Iemand wat daarop kan roem dat hy bo sy omstandighede uitstyg, is die jong Springbok-vaskopstut Wilco Louw.

Louw, deur baie rugbykenners as die toekoms van SA rugby bestempel word, is trots op sy tuisdorp Wolseley. Hy het verlede jaar sy internasionale toetsbuiging op ’n indrukwekkende wyse gemaak en leef en speel sy droom uit.

Hy het die groot verwagtinge wat daar op sy breë skouers geplaas is, geneem en niemand teleurgestel nie.

Sy innerlike en soms bomenslike krag, is ’n bron van inspirasie vir ander.

Toe die geleentheid hom te beurt geval het, het hy dit met sy sterk hande aangegryp. Dit waarvoor hy gekies is en wat hy bestem was om te doen, het hy met goeie balans, deursettingsvermoë en groot oorgawe gedoen.

Sy medespelers en afrigters vertrou hom en sy teenstanders respekteer hom. Sy manier van dinge doen op en van die veld, dwing respek af. Sy teenwoordigheid in al die spanne waarvoor hy uitdraf, dra die stempel van gesag en respek.

Ten spyte van die gemengde welslae vir die spanne wat hy vanjaar verteenwoordig het, was hy een van die min spelers wat altyd met groot welslae en eer uit die stryd getree het. Dit is juis wat hom so ’n beson­derse speler en steunpilaar maak.

Sy ontwikkeling tot dusver as speler is merkwaardig en sy toekoms as beroepsrugbyspeler met die geleenthede wat wag, maak van hom ’n geskikte kandidaat om sy land, streek en trotse dorp by volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Engeland te verteenwoordig.

Louw mag miskien nie die skouspel­agtig­ste speler op die veld wees nie, maar sy karakter, talent en plattelandse ingesteldheid maak van hom die geliefde en begaafde speler wat hy is en dáárom geniet hy feitlik die hele rugbywêreld se aandag.

Ook sy trotse ouers deel in sy sukses en ondersteun hom waar hulle kan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.