Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Wind fnuik Montagu RVK se planne om te wen

Young Hamiltons het Saterdag vir Montagu RVK met korrekte rugby uitoorlê.

Die tuisspan het in gure weer gewys hoe gevaarlik hy kan wees as hy die dag volgens sy wedstrydplan speel.

Montagu het aanvanklik gedink dis voordelig om eers teen die sterk wind te speel, maar sy plan het lelik geboeme­rang en hy kon geen punte in die eerste helfte aanteken nie. Die span het hom telkemale teen rotsvaste verdediging vasgeloop.

Philbrey Joseph het in die eerste helfte twee van sy drie drieë aangeteken met Ambrose Steyn wat al twee verdoel het asook met ’n strafskop geslaag het om Hammies teen rustyd 17-0 te laat voorloop.

Hammies druk net ná rustyd sy der­de drie toe Joseph weer oorgaan nadat voor- en agterspelers die bal skitterend teen die sterk wind van die afskop beheer. Met Hammies nou 24-0 voor gaan heelagter Freek Malies oor om die tuisspan ’n 29-0 voorsprong te gee nadat Steyn met die doelskop misluk. Steyn slaan egter terug met ’n strafskop vir ’n voorsprong van 32-0.

Montagu kry diep in die tweede helfte ’n strafskop wat heelagter Cleve Malgas in punte omskep wat die telling op 32-3 bring.

Stut Keenan Nyman duik hierna sier­lik deur die lug nadat hy sowat 15 meter hardloop vir sy drie tot groot vermaak van die waarderende skare voor die einste Malgas vir Montagu oorgaan om die eindtelling op 39-8 te staan te bring. Hammies B wen 43-0 terwyl die C-span die dag open met ’n oorwinning van 52-0.

.
Hammies speel Saterdag op Bolandpark teen sy bure, Worcester Villagers. Om lang toue te vermy, kan ondersteuners vanaand en môre hul kaartjies by Bolandpark gaan koop.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.