Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Wisselvallige weer laat vissers met hande in hare


Die Brandvlei-hengelklub het 26 Oktober sy voor­laas­te kompetisie vir die jaar gehou.

Dié kompetisie het by die Brandvleidam plaas­gevind en die wisselval­lige weer het dit vir die deelnemers moeilik ge­maak.

Die visse was baie onaktief en die geleent­hede om ’n vis te vang, was moeiliker as gewoonlik.

Die hoogtepunt van die kompetisie was twee babers van 5.22 kg en 4.72 kg wat deur Dirk Lourens en Peppie van Tonder gevang is. Lourens en Van Tonder het dan ook in hulle onderskeie kategorieë as wenners weggestap.

Lourens is as die algehele wenner gekroon en Van Tonder het die beste in die meesters­afdeling gevaar.

Sparkie Barendse was tweede in die A-sone en het die swaarste witvis vir die dag ingeweeg. Johan Coetzee het met die derde prys in sy kategorie weggestap.

In die B-sone was Lourista de Jongh tweede en is ook aangewys as die beste vrouehengelaar vir die dag. Johan Smith het met die derde plek in hierdie kategorie weggestap. Megan van Graan was die wenner in die junior afdeling.

In hierdie stadium is daar ’n klein punteverskil op die algehele telbord, met die laaste kompetisie wat 16 November by die Paarldam gaan plaasvind.

Die hengelaars wat tans voorloop, is Johan Coetzee, Jacques van Graan en Jean Wilmot.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.