Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Witsentraal-streek eindig in drieëfees

Ceresvallei se veld, waar Saterdag 31 Augustus se laaste wedstryde in die streek se GrootUitdaagbeker beslis is, was stille getuie van ’n dag waarop drieë soos ’n laat winterreën op die dorp se rugbyveld toegesak het.

Op Hamlet het die pasgekroonde streekkampioen sy reputasie lelik skade aangedoen toe Roses United, die span wat hy van sy kroon onthef het, hom ’n liederlike loesing van 71 – 19 toegedien het. Hoewel die wedstryd net van akademiese waarde vir Hamlet was, was dit tog teleurstellend dat die span hom in ’n gemaksone bevind het. Roses, daarteenoor, het rede gehad om hom goed van sy taak te kwyt. Nie net moes hy sy eie eer en reputasie beskerm nie, maar hy moes goed wen om sy plek in die top-12 te verseker, en dit het hy met groot waardigheid en grasie gedoen. Met soveel uitdagings voor hom het Roses sy eie seisoen met ’n plek in die top-12 verleng. Sy seisoen was nie sonder haakplekke nie, maar hy het nogtans sterk geëindig.

Op Bella Vista het die drieë letterlik en figuurlik gevloei. In ’n byna onmenslike vertoning het Bella stofwolke om sy teenstanders gespeel met ’n magsvertoon waarin hy Saron met ’n rekordtelling van 111 – 17 verneder het.

Baie was hier ook vir Bella op die spel. In ’n skouspel waar Bella hart en siel op die spel geplaas het om na die top-12 deur te dring, was sy uitsonderlike poging pure verniet – Roses se punteverskil van slegs drie het Bella as die verslane helde gelaat.

Saron is terselfdertyd op byna onseremoniële wyse uit die Groot Uitdaagbeker geboender.

Op Ceres het die sukkelende Tulbagh die valbyl net-net vrygespring ten spyte van die wedstryd teen die wisselvallige Delicious wat hy 25-27 verloor het, maar twee welverdiende verloor-bonuspunte uit die wedstryd gered het.

Tulbagh, wat rustyd ’n gerieflike voorsprong van 18-8 geniet het, het egter ’n slegte tweede helfte gehad, maar darem genoeg gedoen om ’n paar waardevolle punte uit die wedstryd te kry wat hom sy plek in die Groot Uitdaagbeker vir 2020 laat behou het.

Delicious het ná Bella in die vierde plek geëindig, gevolg deur Wolseley in die vyfde plek, Hillcrest sesde, Ceres sewende, Newtons agtste,Tulbagh negende en Saron in die 10de plek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.