Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Witzenberg-sportraad weer op wenpad

Die Witzenberg-sportraad het Saterdag 25 Augustus by ’n prysuitdeling van die Wes-Kaapse departement van sport en kultuur uitgeblink.

Dié plaaslike sportbeheer­liggaam is as die Wes-Kaapse wenners in die afdeling sport- en-rekreasie-liggaam van die jaar vereer.

Met hierdie prys is die Witzenberg-sportraad ’n kandidaat om teen die res van die land by die nasionale toekenningsgeleentheid mee te ding.

Volgens die sportraad se voorsitter, Martin van Wyk, spreek hierdie eerbewys van die gedeelde visie en die ongekende toewyding van die sportraad se uitvoerende bestuur. “Dit spreek van die samewerking van Witzenberg-munisipaliteit en die volgehoue verbintenis tot die volhoubare verbetering van ons bestaande sportgeriewe en fasiliteite deur die ondersteuning van ons plaaslike sportforums in die onderskeie gemeenskappe.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.