Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Wolseley begin T20-reeks met ’n wen in die sakkie

Wolseley se spelpeil lyk op die oomblik baie goed.

Saterdag 1 Februarie het dié span op Kylemore ’n baie goeie begin in die gewilde T20-reeks van die Kaapse Wynland se eerste divisie-suid gemaak met ’n netjiese oorwinning van 75 lopies oor Mbekweni-krieketklub.

Wolseley, wat reeds sukses in die langer weergawe van die spel behaal het, se aanvoeling en bestendigheid wat hom tot dusver soveel welslae laat be­haal het was weer kenmerkend in sy eie spel waar kolwers en boulers mekaar pragtig gekomplimenteer het.

In T20-krieket is aanval die wagwoord en waaghalsigheid beproef spelers se vaardigheid tot die uiterste.

Wolseley, wat gevra is om eerste te kolf, het hom goed van sy taak gekwyt en 165/8 in sy toegelate 20 boulbeurte aangeteken. Die glanspunt van die span se beurt het aan die flambojante Leonard Prins met 42 lopies (3x4; 3x6) behoort. Sy pragtige beurt het die res van die middelordekolwers aangesteek met Jacques Esau 26 (3x4), Ravel Prins 22 (2x6) en Wilbur Pietersen 18 (2x4) wat hom pragtig bygestaan het.

Vir Mbekweni het Andile Simon met 4-0-8-3 en Lutho Mtandeki 4-0-30-2 hulle nogtans goed van hul taak met die bal gekwyt.

Mbekweni, wat die moeilike taak opgelê is om die wedstryd te wen, kon slegs 90 lopies in sy beurt bymekaar maak. Die kaptein Lutho Mtandeki 28 (3x4; 1x6) en Zandile Tekeza ook met 28 (3x4; 1x6) was die beste kolwers vir Mbekweni. Alhoewel hulle hard probeer het, het die reëlmaat waarin hulle paaltjies verloor het nie enige bedrei­ging vir Wolseley se totaal ingehou nie. Wolseley aan die ander kant het met sy goeie boulwerk nie juis sy teenstanders se taak maklik gemaak nie. Wilbur Pietersen met 4-0-13-2, Duran McClune 4-0-26-2 en Jacques Esau 4-0-12-1 het uitgeblink.

Wolseley se oorwinning moes hom baie vertroue gegee het vir die komende wedstryde.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.