Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Wolseley en Miracles aan die wenkant

Wolseley en Miracles het die afgelope Saterdag goeie oorwinnings in hul onderskeie wedstryde in die Witzenberg-streekliga behaal.

In Wolseley het Miracles sy teleur­stellende uitslag van verlede week teen die span van Wolseley vinnig agter die rug gesit danksy ’n stewige vertoning toe die span Rosendal verspot maklik met 47-10 gewen het. Miracles, wat teen rustyd reeds ’n onvegbare voorsprong van 35-3 opgebou het, het in die tweede helfte egter teleurgestel.

Sy vreesloosheid en passie het hom van ’n oorwinning verseker. Die uitstaande kenmerk van Miracles se oorwinning was die spel van die skrumskakel Diego Skippers. Sy skeppende vermoëns, visie en aanvoeling vir die spel was die dryfkrag agter Miracles se avontuur­lustige eerste helfte.

Vir Miracles het Dee Wane Lendoor (2), Shaun van Royen (2), Leon Claasen, Jaco Swartz en Keegan Frans drieë gedruk waarvan Emile Hendricks ses verdoel het. Rosendal het geantwoord met ’n doel en ’n strafdoel.

In die Bokkeveld het Wolseley ook vergoed vir sy sukkelende vertoning verlede week teen Miracles. Die span het met 31-12 teen Tandfontein gewen. Daar­deur het Wolseley nie net sy onoorwonne status behou nie, maar ook sy posisie boaan die punteleer verstewig. Mikly Hanse (2), Lendell Jacobs en Neugon Fredericks het drieë gedruk. Fronick Vermeulen het al vier verdoel en ook ’n strafdoel oorgeklits. Tandfontein het geantwoord met ’n doel en ’n drie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.