Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Wolseley-krieket verenig
Wolseley-krieket se spelers verenig.

Geskiedkundig!

Dis hoe Sondag se baie suksesvolle krieketdag tussen die Wolseley-krieketklub en die pas gestigte Wolseley Legends beskryf kan word.

In dié wedstryd het pa’s en seuns letterlik en figuurlik skouers geskuur.

Patrick Prins en sy seuns Clinton en Rashied, asook die bejaarde Leonard Prins en sý pa, Henry Prins, een van die stigterslede van die Wolseley Legends-spelerskorps, was teenwoordig.

Wat die dag nog meer besonders gemaak het, is dat Patrick en sy tweelingbroers Henry en Johny die eerste keer in bykans 25 jaar weer saam in ’n wedstryd betrokke was, al was dit net vriendskaplik.

Dit was ook ’n geval waar die jeug en ervaring mekaar ontmoet het en waar mentorskap en kundigheid mekaar omarm het.

Wolseley Legends se strewe om as mentors ’n ondersteuningsbasis vir die jeug van Wolseley te wees, is stadig besig op momentum op te bou. Hulle skep ’n tuiste en ’n omgewing waar almal welkom is om die voortbestaan van krieket in Wolseley te versterk en te verseker deur hul ervaring, kundigheid en ondersteuning aan die jonger geslag aan te bied.

Hoewel in sy kinderskoene, bestaan die spelerskorps reeds uit 20 aktiewe lede. Een lid, Thomas – beter bekend as Hampa – is ’n week gelede oorlede. Sy bydrae as stigterslid van die spelerskorps was van onskatbare waarde vir die spelers en hulle eer sy nalatenskap.

Die uitslag van die wedstryd was bloot net van akademiese belang. Wolseley Legends is dalk nie op almal se lippe nie, maar net die blote feit dat vaders, seuns, broers en vriende saam so ’n geskiedkundige dag ten spyte van die versengende hitte kon reël, bewys dat ouderdom net ’n syfer is en dat harmonie en liefde vir die spel mense saamsnoer.

. Belangstellendes kan Patrick Prins by 073 983 9803,

Henry by 076 864 9941,

AB Klein by 071 566 0601 of Leon Crotz by 073 463 1102 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.