Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Wolseley se ervaring sleep wa teen Miracles deur die drif

Wolseley moes Saterdag al sy ervaring inspan om ’n vroeë aanslag van ’n begeesterde Miracles af te weer voordat hy die Witzenberg-streekwedstryd met 24-21 kon wen. Die rustydtelling van 7-7 was ’n getroue weergawe van die spel in daardie stadium.

Die wedstryd, die eerste in bykans vier dekades tussen dié twee plaaslike spanne en wat groot belangstelling gelok het, het gewis aan die verwagtinge voldoen.

Voorlangs was dit Miracles wat aanvanklik die pas aangegee het met Wolseley wat lusteloos en planloos voorgekom het. Miracles se vurige spel het Wolseley omtrent op verdediging laat skarrel. ’n Drie het in die 20ste minuut ná goeie spel en druk op Wolseley gevolg.

Wolseley het egter stadig maar seker sy voete begin vind en sake net voor rustyd gelykop gemaak met ’n drie deur Charlon Snyders wat deur Wilbur Pietersen verdoel is.

Snyders, Marlon Bailey, Reggie Musgrave, Reagon en Neugon Fredericks, Harriet Pietersen en die veteraan Terrance September het hulle met mening in die tweede helfte laat geld en sake het al hoe beter begin vir Wolseley verloop.

Jean Swartz het op skrumskakel flink ’n bal aan sy agterlyn besorg terwyl sy losskakel, Leandro Jumath, met sy goeie balverspreiding, visie en binnebreekwerk groot indruk gemaak het.

Die groot uitblinker van die wedstryd was sonder twyfel die regtervleuel Ian Paxton. Sy doelgerigte en aanvallende hardlooplyne, uitstekende balvaardighede en spoed het sy teenstaanders telkens lug laat gryp. Hy het nou wel nie self ’n drie gedruk nie, maar sy aanvoerwerk met Charlon Snyders se drie was ’n fees vir die oog.

Drie uitstekende drieë – een deur Wolseley se Neugon Fredericks, een deur Bakkies Vermeulen en een deur Terrance September – het die wind uit Miracles se seile gehaal.

Miracles het aan die einde goeie veggees getoon met twee verdoelde drieë wat die punteverskil verklein het.

Wilbur Pietersen van Wolseley het twee drieë vir sy span se 24 verdoel.

Miracles se 21 punte het bestaan uit drieë deur Diego Skippers, Jerome Januarie en Keanon Frans.

Wolseley se tweede span het Miracles se tweede span 24-7 verslaan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.