Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Wolseley se wen Delicious

Wolseley het die afgelope Saterdag op sy tuisveld sy hertoetrede tot die WitSentraal-streek van die Grootuit­daag­bekerkompetisie op ’n triomfan­telike wyse begin.

Dié span het die hoogaangeskrewe Delicious van Ceres 34-17 geklop nadat die span homself teen rustyd in ’n onaanvegbare telling van 24-5 bevind het.

Delicous, wat in al sy glorie na Wolseley opgetrek het, se seisoen het op die mees tragiese noot begin. Sy avon­tuur­lustigheid en balvaardighede is alombekend, maar die span is Saterdag heeltemal deur Wolseley oorskadu wat sy vermoëns en diepte ten volle geïllus­treer het.

Vir die eerste vyf minute was dit Delicious wat met sy stewige pak voor­spelers en vindingryke agterlyn die pas aangee het. Wolseley het die hart en siel uit Delicious se spel geneem en met sy eie innoverende spel die wedstryd sy eie begin maak. Wat hierna gebeur het, moes Delicious en sy getroue onder­steuners tot baie diep in hul fondamente geskud het. Alle aanslae wat die span begin het, is met groot passie en durf verwerk en met rente terugbetaal.

Krake in Delicious se verdediging het in die eerste 15 minute gewys toe Rudi Jumath die besoekers se verdediging met ’n pragtige breek oopgevlek het vir sy broer Leandro Jumath om op skouspelagtige wyse af te rond.

Die doelskop en ’n strafdoel deur Wilfred Vermeulen het Wolseley binne ’n oogwink 10-0 laat voorloop.

Kort daarna het Wolseley sy voorsprong vergroot na 17-0 toe die vurige flank, Ricardo Vermeulen, soos ’n droom deur die Delicious-verdediging geseil het. Vermeulen se doelskop wat die telling 24-0 gemaak het, het duidelik Delicious se koppe laat hang. ’n Drie deur Devon Cremon net voor rustyd het Delicious se eer gered met die telling op 24-5.

Drieë deur Keaton Fredericks en Deon Scholtz en een doelskop deur Werner Rode het Delicious se telling beter laat lyk. Die eindtelling van 34-17 beteken ook ’n bonuspuntoorwinning vir Wolseley.

Wolseley het sy oorwinning verdien omdat hulle op die dag die beter span was. Hul skeppende vermoëns, passie en durf waarmee hulle die spel na Delicious geneem het, het ’n platform geskep waarop die span kan voortbou.

. Eerskomende Saterdag pak Wolseley Bella Vista in ’n wegwedstryd terwyl Delicious graag sy naam in ere wil herstel wanneer hy gasheer vir Ceres speel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.