Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Wolseley te sterk vir Breërivier

Wolseley het Saterdag sy eersteronde­verpligtinge in die Witzenberg-streekkompetisie onoorwonne afgesluit nadat hy Villagers Breërivier in gure weer uitoorlê het.

Die tuisspan was onder moeilike omstandighede teen halftyd met 8-0 voor nadat hy van ’n plaasvervangerskrum­skakel gebruik gemaak het toe sy eerste­keuse­-skrumskakel, Jean Swartz, hom in die opwarming lig beseer het.

Faizel Jumath, Wolseley se afrigter, het hierdie seisoen wondere met sy span verrig vir die wyse waarop hy die span in ’n hegte eenheid saamgesnoer het. Deur in hulleself te glo het die span sterk karakter en volwassenheid geopenbaar.

Saterdag se uitslag was tipies van ’n span wat, ten spyte van die moeilike weersomstandighede, hom weereens goed van sy taak gekwyt het.

Wolseley, het soos in sy vorige wedstryd, die meeste balbesit en gebiedsvoordeel geniet, maar het weer baie kanse op punte in die eerste helfte letterlik deur sy vingers laat glip. Met die weer wat ’n groot invloed op die spel gehad het, het die tuisspan met ’n dominerende vertoning van krag en vasbeslotenheid Breërivier punt vir punt uitoorlê.

Veral ná rustyd met die wind en soms reënbuie in die spelers se gesig, het Wolseley sy wurggreep op die wedstryd versterk met die soort spel wat onder die omstandighede nodig was.

Hoewel die tuisspan vir die volle duur van die wedstryd voorgeloop het, het Breërivier ten spyte van die min geleenthede nie moed opgegee en gedurig teruggeveg en was in ’n stadium met net drie punte agter die tuisspan.

Die keerpunt van die wedstryd was toe die veelsydige plaasvervanger­voorspeler, Charlon Snyders, opgekom het en met sy aggressiewe spel die wedstryd so te sê op sy kop gekeer het. Dié speler het met sy twee drieë Breërivier se verdediging oopgevlek met brute krag en spoed. Nog ’n drie deur plaasvervanger Kyle Hanse en ’n skouspelagtige drie deur die speler van die wedstryd, Maxtad Britz, het die wedstryd op ’n hoogtepunt laat eindig. Breërivier was mededingend, maar nie goed genoeg in die uitvoering van sy opsies nie. Die eindtelling was 30-17.

Vroeër het Wolseley se B-span Breërivier se B-span met 17-0 geklop.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.