Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Wolseley-veterane stig korps

Wolseley-veterane wie se oogmerk dit is om krieketspelers van weleer te herenig, het onlangs sy bestaan bekend gemaak.

Vriendskaplike wedstryde verlede seisoen teen die plaaslike klubs het die grondslag vir die ontstaan van ’n spelerskorps geskep.

Vir Wolseley met sy groot en wye geskiedenis van spelers en administrasie wat die dorp onder die destydse Boland-krieketunie opgelewer het, is die totstandkoming van so ’n spelerskorps van weleer ’n gesonde inspuiting vir krieket vir die dorp met sy uitsonderlike talent en passie.

Een van die dorp se sterre van weleer wat die Boland- en SA-skolespan met groot onderskeiding verteenwoordig het, Leon Crotz, is reeds lid van die spelerskorps.

Voormalige spelers en belangstellendes wat graag deel van die spelerskorps wil uitmaak, is welkom om aan te sluit. Die lede vergader weer op 2 September 2018 om 16:00 by Crotz se huis.

Vir nog besonderhede kan een van die volgende lede gebel word: Henry Prins by 076 864 9941, AB Klein by 071 566 0601, Leon Crotz by 073 463 1102 of Patrick Prins by 078 983 9803.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.