Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Worcester-rolbalklub gasheer vir oefenwedstryde tussen Boland en WP

Die uitmergelende proses om die Boland-rolbalspanne te kies wat in Maart aanstaande jaar aan die interdistriktekampioenskap gaan deelneem, is 2 Desember afgesluit.

Die laaste spankeuses is gemaak toe die suksesvolste verkose kandidate teen hul eweknieë van Westelike Provinsie kragte gemeet het.

Die twee provinsies het elk uit drie spanne van vier spelers bestaan en uit daardie groepe is die finale keuse van twee spanne per kant deur die keurders gemaak.

Al drie die perke van Worcester-rolbalkub is gebruik en ten spyte van die sterk wind en die 128 spelers, beamptes en besoekers, het al die reëlings seepglad verloop. Worcester-rolblaklub se president, Lorna Viljoen, en haar span verdien ’n pluimpie.

Westelike Provinsie het die beker huis toe geneem, maar met die afsluiting het Boland-rolbal se president, Stoffel Lambrechts, grappenderwys opgemerk dat WP met ’n geruste hart die feestyd kan geniet, maar wat Boland betref sal dit nodig wees om terug te keer na die oefenperke – elke dag tot Maart 2019.

Maar alles is nie verlore nie. In Februarie is daar weer ’n oefendag teen WP en die plan is dat Boland dan die bordjies gaan verhang. Intussen kan die spelers gerus maar Stoffel se raad ter harte neem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.