Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Worcester se ‘wonderwater’ en inwoners dra my deur

Ná ’n besige week waar daar nie veel tyd was om voor te berei vir die Sanlam Kaapstadse maraton nie, het ek dit vandag (18 Oktober) voltooi.

Dié jaar het ek besluit om net die 10 km-wedren te voltooi omdat die wedloop vir die eerste keer in sy geskiedenis virtueel plaasgevind het.

My energie-voorsieners voor ’n wedloop was nog altyd om vroeg ’n koppie koffie te drink en ’n eetlepel grondboontjiebotter te eet. Vanoggend was dit nie veel anders nie. Ná my “ontbyt” het ek in die pad geval om my 10 km aan te pak.

Ek moet bieg, ek is nie meer so fiks soos ek ’n paar maande gelede was nie en ek het ’n realistiese doelwit gestel om die wedloop onder ’n uur te voltooi.

Dit was glad nie ’n blink idee om bietjie laat te lê nie en ek is eers voor 11:00 op die pad. Ek was egter nie die enigste een in Worcester wat besluit het om laat te begin hardloop nie en ek het ten minste vier ander atlete ook op die pad gekry.

Op die N1-brug naby die Mountain Mill-winkelsentrum het ek twee drawwers gekry en ons het vir mekaar met breë glimlagte gegroet. “Lekker manne, hou so aan,” het ek hulle moed ingepraat.

Ek het nog twee drawwers raakgeloop (ja, raakgeloop) in dieselfde omgewing en hulle het vir my weer, op hulle beurt, moed ingepraat.

Vroeër die week het ek met my pa in Kaapstad my bekommernis gedeel om in Worcester die wedloop aan te pak omdat daar amper geen roete met gelyke grond bestaan nie.

Ek is egter baie bly, ek het besluit om die wedloop hier aan te pak omdat dit weer eens net vir my bewys het hoe lekker Worcester se mense is.

Twee kilometer voor ek die wedloop voltooi het, kom ’n oom voor Hoërskool Montana uit sy huis uitgehardloop en gee vir my ’n koppie water. Ek sê vir hom hoe dankbaar ek is vir die koppie “wonderwater” en hy spoor my aan om my als te gee in die stukkie wat nog voorlê.

Met my bene wat toe begin kramp, my asemhaling wat bietjie swaarder word, die sweet wat nou meer duideliker te sien is as ’n paar kilometers vroeër en die son wat nou op sy skerpste skyn, het ek aangegaan.

Ek het nie my doelwit behaal nie en het met ’n tyd net anderkant een uur die wedloop voltooi.

My ervaring was egter ’n groot plesier met al Worcester se mense wat so vriendelik was (dalk moet ons aansoek doen om die wedloop volgende hiér aan te bied).

Aan die einde van die wedloop kom ek nog ’n inwoner tee en hy sê vir my ek lyk nog baie goed vir iemand wat nou 10 km voltooi het.

Sjoe, Worcester se mense is en bly darem lekker mense!

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.