Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Worcester-sport maak ’n verskil

Mandeladag is ’n baie belangrike datum op die kalender van baie sportklubs, maar ongelukkig moes baie van die sportklubs in Worcester hul verrigtinge uitstel weens die Covid-19-pandemie waaronder die wêreld nog gebuk gaan.

Standard het wel verneem van twee sportklubs wat hul 67-minute-verrigtinge steeds voortgesit het. Fit2Run en Sport Stars-sokkerklub het Saterdag (18 Julie) Mandeladag gevier.

“Om Mandeladag te midde van die huidige Covid-19-pandemie in Suid-Afrika steeds te vier, laat ’n mens weer eens besef hoe geseënd ons steeds is,” sê Norman Ontong van Fit2Run.

Hy noem verder die etos van Mandeladag is steeds dat ’n mens die wêreld ’n beter plek vir jou medemens moet help maak en sodoende ’n nalatenskap skep vir geslagte wat kom.

“Die atlete van Fit2Run het by die sportterrein saamgekom om vrugtebome, olyfbome, rose en gras te plant. Ek is as kind deur boomplantdag en groen erfenis geïnspireer, dus probeer ek dit nou aan ons jeug oordra,” vertel Ontong.

Fit2Run spreek sy dank uit teenoor die gemeenskapsleiers en vriende van die klub wat hulle op dié dag by die klub aangesluit en hul kennis met die jongspan kom deel het.

“Ons bevorder deur dié inisiatief die bewaring van ons natuur en maak jong mense bewus van die waarde en nut van bome.”

In Roodewal het die Sport Stars-stigting omtrent 100 kinders en 50 volwassenes van ’n maaltyd voorsien.

“Ons het besluit om ter viering van Mandeladag weer die gemeenskap in te vaar en sop vir die mense uit te deel. Daar was ’n verdere skenking van brood deur Sasko wat ons ook kon uitdeel,” vertel Aasif Witbooi van die stigting.

Witbooi sê die stigting is ingestel om ’n verskil in mense se lewe te maak, veral in die moeilike tyd wat die gemeenskap tans deurmaak.

“Die klub streef daarna om mense se omstandighede te verbeter en ons help dus waar ons kan.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.