Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Worcester-sterkman gaan sy spierkrag oorsee wys
Die trofee wat Cornelius tydens die SA’s gewen het.Foto: Brümilda Swartbooi

Cornelius Nel (31) is gebou om te hou en hy het spiere soos Popeye. Nou gaan hy binnekort die Amerikaners wys hoe dinge gedoen word. 

Dié sterkman het onlangs tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskapsbyeenkoms in Johannesburg die rekord in die professionele 90 kg-afdeling gebreek. Hy het dit gedoen deur 130 kg te lig en in ’n regop posisie te hou.

Sterkmanne van reg oor die land heen het aan die kompetisie deelgeneem, maar Nel se deelname het verseker dat hy met die louere wegstap.

sterkman
Cornelius hou 80 kg bo sy kop. Foto: Brümilda Swartbooi

Nou, weens sy uitstekende prestasie by die Suid-Afrikaanse kampioenskap, is hy gekies om van 2 tot 4 November die land by die wêreldkampioenskapsbyeenkoms in Florida, Amerika, te gaan verteenwoordig.

Sy grootste ondersteuner is sy vrou, Taleza. “Sy help my altyd met ‘prep’-werk, oefening en kyk goed na my wanneer ek beserings opdoen,” sê Nel.

Hy sê hy doen alles vir sy twee seuns, onderskeidelik 4 en 7 jaar oud. “Ek kan sien hulle kyk op na my. Die een hou daarvan wanneer ek in die gimnasium ‘powerlifting’ doen, die ander een hou meer daarvan wanneer ek skopboks doen.”

Hy het sy eie gimnasium by die Nasionale Instituut vir Dowes waar hy persone met gestremdhede asook nie-gestremde persone die geleentheid gee om die sport aan te pak.

Hy sê hy geniet dit om ander toekomstige sterkmanne op te lei. “Hier het ’n blinde meisie aangesluit en sy is nou die provinsie se enigste blinde vrouedeelnemer in haar afdeling wat ‘powerlifting’ doen,” sê Nel.

Hy sê sterkmankompetisies gaan daaroor om ongewone en swaar voorwerpe op te tel of te sleep. Hy het al ’n skoolbus gesleep en ’n kar en bakkie opgetel.

Hy sê hy kry nou meer blootstelling en die sport groei. Verlede jaar het Nel die Arnolds Classic Afrika-sterkmankompetisie gewen. Hy het ook ’n liefde vir skopboks en hy hoop om in 2020 weer meer daarop te fokus.

Persone wat bereid is om Nel te help met benodigdhede vir sy reis na Amerika, is welkom om hom by 063 260 6723 te skakel.

sterkman
Cornelius Nel (tweede van links) in Johannesburg tydens die Suid-Afrikaanse sterkmankampioenskap waar hy as wenner aangewys is van die professionele 90 kg-afdeling.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.