Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Worcester ‘uitgehonger vir aksie’

Die afwesigheid van gemeenskapskrieket tydens die inperking het ’n reuseleemte in die plaaslike vermaak van mense gelaat en talle is uitgehonger om weer in dié sport te deel.

Japie Visser, wedstrydsekretaris van die gemeenskapskrieketvereniging in die Breedevallei, het dié week met Standard gesels oor hoe die eerste amptelike liga in ’n gevorderde stadium was toe die inperking aangekondig is en nou slegs ’n paar wedstryde op die kalender oorbly voordat ’n amptelike wenner met die trofee sal kan wegstap.

“Die bestuur moes ná die aankondiging alle sportprogramme asook oefensessies stop. Klubs is dienooreenkomstig ingelig en hoewel ongelukkigheid geheers het, is dit so aanvaar. Alle vergaderings is gestaak, dus kon ’n oplossing nie gevind word of enige besluite rakende voortsetting of die afstel van die liga geneem word nie,” vertel Visser.

Spelers en veral ondersteuners het al verskeie pogings aangewend om oplossings te probeer kry, maar volgens die bestuur is geen amptelike besluite nog geneem nie.

“Klubs sal, sodra toestemming verleen word, onmiddellik gekontak word rakende die pad vorentoe. Groot aktiwiteite word beplan, maar kan eers aandag geniet indien dit veilig is om so te doen.”

Percival Hansen, die voorsitter, sê die bestuur stel die 18 senior klubs en 12 junior klubs se veiligheid eerste. “Ons sal niks doen wat dit kan benadeel nie. Klubs word ook gevra om by die reëls te hou ten einde bestand teen die vernietigende virus te wees en veilige afstande te handhaaf asook maskers te dra en gereeld hul hande te was.”

Hansen noem verder as die gemeenskap saamwerk, kan die virus oorwin word. “Vlakkiekrieket sal weer sy gloriejare in ons pragtige vallei beleef, maar dan sal ons almal moet saamwerk en gehoorsaam wees.”. Klubs wat vrae het, is welkom om die BVGKA-bestuur te kontak. Nuwe klubs wat by die vereniging wil aansluit, kan Japie Visser by 078 646 3310 of japievisser42@gmail.com kontak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.