Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Worcester Vics onoorwonne

Dit was die laaste wedstryd van die jaar gewees.

Die afgelope naweek het Worcester Victorians in ’n spannende wedstryd teen De Doorns gespeel in die laaste krieketligawedstryde vir die jaar. Worcester Vics het Saterdag 30 November die ligawedstryd op Esselenpark aangepak en onoorwonne uit die stryd getree.

Vics se kaptein, Roswell Cornelius, het die loot gewen en besluit om eerste te boul.

Vir die soveelste keer hierdie seisoen plaas Victorians se boulers hulle opponente onder geweldige druk.

De Doorns se manne is almal kleedkamer toe gestuur met 122 lopies in 41 boul­beurte.

Vir De Doorns was dit slegs Conwin Nathan wat enigsins weerstand kon bied met die kolf. Hy teken 39 lopies aan.

Die ander noemenswaardige bydrae tot die totaal was die 44 ekstras wat Victorians afgestaan het in baie sterk wind.

Die uitblinkers met die bal vir Victorians was: Raymond Alexander (10-0-22-3), Derrick Solomons (10-0-34-3), die kaptein Roswell Cornelius (8-0-17-1) en Peter Verhoog (5-0-9-1).

Victorians het hierna gaan kolf en begin aanvanklik goed met die kolf, maar verloor in die middel van sy kolfbeurt onnodige paaltjies.

Vir Victorians teken Nurkarrim Babu 34 lopies aan, Peter Verhoog kry 18 lopies en Theodore Davids behaal 17 lopies.

De Doorns staan ook 23 ekstras af.

Victorians eindig op 123 vir die verlies van sewe paaltjies in 38 boulbeurte, wat dus aan die span ’n oorwinning van drie paaltjies besorg.

Victorians eindig die jaar onoorwonne en hervat weer sy ligaverpligtinge in Januarie 2020.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.