Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Worcesteriet hardloop dat die stof behoorlik staan

Die kranige atleet en Worcesteriet, Rogail Josephs (19), doen dit weer.

Josephs is by ASA se juniorkampioenskap, wat van 27 tot 29 Maart in die Paarl plaasgevind het, as die juniorkampioen in die 400 m-hekkies vir vroue aangewys en ook tweede op die wêreldranglys geplaas.

Die afgelope naweek het sy haar beste tyd van 57:73 by die Nasionale Universiteite-toernooi (Ussa) in die 400 m-hekkies vir vroue o.25 met 22 sekondes (57:51) verbeter. Sy het ook ’n goue medalje by Ussa verower.

Sy het aan Standard gesê sy is trots op haarself. “Ek was bly toe ek eerste gekom het. Dit was my eerste keer dat ek as die wenner uit die stryd tree. Ek probeer al die afgelope vier jaar om my teenstander te klop en vanjaar in die laaste 50 m van die wedloop het ek uiteindelik verby haar gegaan,” sê Joseph.

Daar is nog verskeie byeenkomste wat vir haar voorlê, maar sy sê sy is slaggereed. Sy neem van 16 tot 20 April aan die Afrika-Spele in die Ivoorkus deel en van 25 tot 27 April neem sy aan die ASA se senior atletiekbyeenkoms in Germiston deel. Later vanjaar, in Junie, neem sy aan die Wêreld-studentespele in die o.25-afdeling in Italië deel.

Joseph sê sy volg ’n streng oefenprogram. “Ek oefen twee keer per dag van Maandae tot Saterdae,” sê sy.

Die Worcesteriet is tans ’n student aan die Universiteit van Wes-Kaapland waar sy ’n graad in ekonomiese bestuurswetenskap volg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.