Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Young Pumas sit Barcelona behoorlik ore aan

Young Pumas het verlede naweek sy stempel behoorlik afgedruk op ’n wedstryd teen Barcelona in Rawsonville en Distrikte-sokkervereniging (Rodsa) se opwindende ligatoernooi in Slanghoek.

Die twee spanne was in ’n derby slaags, wat sou bepaal wie die Slanghoekvlag in die kompetisie omhoog sal hou. Die wedstryd het teen ’n geweldige tempo begin en die Puma-doelskieters het Barcelona se verdedigers vroeg laat agterkom dat hulle onafgehandelde sake met mekaar het. Lorenzo Goeieman het as junior sy stempel as spelskepper in die middelveld afgedruk en hy is beloon met ’n doel wat Young Pumas die voortou laat neem het.

Barcelona het probeer herstel, want veranderings is in die verdedigingslinie aangebring. Die gevaarligte het begin flikker toe Junaid Syster die Barcelona-doelwagter na wind laat gryp. Hy het kort daarna sy tweekuns behaal en die Pumas het met meer selfvertroue begin speel tot groot frustrasie van Barcelona.

Nog sout is in Barcelona se wonde gevryf toe Syster ’n driekuns aanteken.

Die krake het in Barcelona se middelveld begin wys. Syster se ongelooflike voetwerk en ’n puik aangee het tot Ricardo Fortuin se doel gelei.

In die tweede helfte het Barcelona die spel kalmer benader en hul topdoelskieter, Mitchell Smit, het sy span se eerste doel aangeteken.

Die Barca-spelers het met hul spel bewys dat hulle diepte nodig het as hulle ernstig in die kompetisie opgeneem wil word. Hul verdediging is kwesbaar met groot leemtes, want kort daarna – in die laaste minuut – het Syster dit bewys en sy vierde doel vir die dag aangeteken. Hy ken sy pad na die doelpale en is ’n speler vir die toekoms.

Die eindtelling was 6-1 vir Young Pumas. Syster is aangewys as speler van die wedstryd.

Rodsa geniet nou ’n blaaskans.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.