Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Fokus eerder op versoening ná belydenis

Dankie vir ’n baie mooi artikel van Stefaans Coetzee se voorgenome vrylating op 13 Julie. Die feite is mooi saamgevat. Wonderlik om te sien waar die Here in beheer is, gebeur daar mooi goed.

Ek wil egter net die een punt ophaal, naamlik die opskrif, “Tronkdeure oop vir Wit Wolf”. Aangesien Stefaans sy foute en gedrag voor baie slagoffers bely het en die meeste van hulle hom vergewe het, voel ek dat die konnotasie aan die Wit Wolwe iets van die verlede is. Dit sou baie meer aanvaarbaar wees soos byvoorbeeld in Sondag se Rapport wat na die versoeningstrein verwys het. So bring ons eerder mense nader aan mekaar.

Ek noem dit graag aangesien daar beplan word dat Stefaans in Augustus Worcester sal besoek en julle koerant sekerlik die geleentheid sal bywoon.

Ek glo dat u sal verstaan en as gemeenskapskoerant sal help om ons land ook deur julle kommentaar verder tot versoening te lei.Andrew Doyle

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.