Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Daar is hulp vir ADHD

Aandagsgebrekhiperaktiwiteit­sindroom (ADHD) en outisme is twee afsonderlike neuro-ontwikkelingsteurings wat sommige simptome met mekaar mag deel. Daar is wel beduidende verskille tussen die twee toestande en ’n mens kan ook aan al twee hiervan ly.

Om die verskil tussen die twee toestande te sien, kan moeilik wees, maar onderskeid kan veral ten opsigte van aandagspan, kommunikasie en hantering van roetine en struktuur gesien word.

ADHD is ’n bekende neuro-ontwikkelingsteuring.

Volgens die American Psychiatric Association (APA), beïnvloed ADHD ongeveer 8,4% van kinders en 2,5% van volwassenes. ADHD word ook by meer seuns as meisies gediagnoseer.

Kinders met ADHD ondervind probleme met konsentrasie, hiper­aktiwiteit en impulsbeheer. Verder mag die kinders ook sukkel om te konsentreer, stil te sit of om te dink voor hul reageer.

adhd
Ter illustrasie

Daar is drie verskillende soorte ADHD en ’n diagnose word gegrond op ’n persoon se spesifieke simptome.

Die drie soorte is: Onopmerk­saamheid, hiperaktief-impulsief en ’n kombinasie van die vorige twee.

ADHD-simptome mag dalk verbeter soos ’n kind ouer word. Volwassenes wat nog steeds simptome ervaar mag dalk voordeel trek uit sielkundige berading wat ’n persoon kan help om te leer hoe om die toestand beter te beheer.

Outistiese spektrum-stoornisse beïnvloed ’n persoon se sosiale kommunikasie en interaksie in verskeie kontekste. Daar is geen kuur beskikbaar nie, maar behandeling kan help om persone te ondersteun in gebiede wat hulle meer uitdagend vind.

Volgens die Centers for Disease Control and Prevention (CDC), is outistiese spektrumstoornisse by ongeveer een uit elke 59 kinders in Amerika gediagnoseer.

Die Amerikaanse Outistiese vereniging het berig dat outisme normaalweg voor die ouderdom van drie jaar verskyn en ondersteun die siening dat dit vyf keer meer by mans as vroue voorkom.

Daar is gedeeltelike oorvleueling tussen simptome van die twee toestande en dit is moontlik om al twee te hê.

Voor 2013 het die kriteria dit nie moontlik gemaak om outisme en ADHD by iemand te diagnoseer nie. Daar is egter in die laaste paar jaar gevind dat kinders wel die kriteria vir al twee toestande kan hê.

Die CDC vermoed dat 14% van kinders in Amerika met ADHD ook outisme kan hê. Ander navorsing plaas hierdie statistieke hoër tussen 15%-25%.

Navorsers verstaan nie werklik die oorsaak van die toestande nie, maar genetiese faktore kan ’n sterk rol in al twee speel.

Ouers en voogde wat dalk bekommerd is dat hul kind ADHD, outisme of al twee toestande het, moet met hul gesinsdokter of pediater praat. Die dokter mag dalk aanbeveel dat die kind moet gaan vir ’n assessering deur ’n gedragsteuringspesialis.

’n Dokter of spesialis grond ’n ADHD-diagnose op simptome wat vir die laaste ses maande voorgekom het. As die dokter of spesialis outisme vermoed, sal hulle kyk na ’n kind se gedrag oor ’n verloop van jare.

In albei gevalle is inligting van onderwysers en ander voogde belangrik, sowel as inligting van die ouers.

Volgens ’n studie in 2010 is daar gevind in ’n groep van 2 500 kinders met outisme in Amerika dat 83% van die kinders ten minste een of ander neuro-ontwikkelingsteuring gehad het en 10% ten minste een psigiatriese stoornis gehad het.

Behandeling verskil van kind tot kind en hang af van hul simptome en die teenwoordigheid van ander toestande. Sommige behandelings wat beskikbaar is vir ADHD en outisme is onder meer gedragsterapie en medikasie.

Gedragsterapie is gewoonlik die begin van behandeling vir jonger kinders. Vir ouer kinders mag die behandeling ’n kombinasie wees van medikasie en gedragsterapie.

Outistiese kinders mag ook baat by bykomende vorme van terapie soos berading, skolastiese inter­vensie, arbeidsterapie, sensoriese integrasie en spraakterapie.

Opleiding en navorsing kan ook ouers en voogde beter in staat stel om kinders te help om hul simptome te bestuur.

In opsomming is ADHD en outisme twee aparte toestande wat sommige simptome met mekaar kan deel.

Enige ouer of voog wat bekommerd is dat hul kind enige van die twee toestande mag hê moet definitief hul dokter of spesialis gaan sien.

Al is daar nie ’n kuur vir die toestande nie is daar vele vorme van terapie en medikasie wat kinders kan help om te vorder in gebiede wat hulle uitdagend mag vind.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.