Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Dare to Care
Geestesgesondheid in die dowe gemeenskap

Oktober is Geestesgesondheids­maand – ’n sensitiewe onderwerp met besprekingspunte soos depressie en selfdood wat onder die vergrootglas geplaas word.

In die wêreld van dowes en mense met gehoorverlies is geestesgesondheid ook ’n werklikheid.

Mediese studies het selfs bevind dat dowes ongeveer twee keer meer geneig as horende mense is om geestes­gesondheids­probleme te ontwikkel.

Die geestesgesondheidsprobleme wat algemeen in die dowe gemeenskap voorkom, is depressie, angs en ernstige siektes soos bipolêre versteurings en skisofrenie. Verskeie faktore lewer ’n bydrae hiertoe, en verskeie studies is al ten opsigte daarvan gedoen.

Samevattend dui alles egter hoofsaaklik op een oorhoofse rede – die uitdagings wat dowes ervaar om in ’n horende wêreld te funksioneer.

Dowes en mense met gehoorverlies ervaar op ’n daaglikse basis gevoelens soos eensaamheid, verwerping, frustrasie, hartseer en isolasie. Dit is gevoelens wat meegebring word wanneer hulle uitgesluit word uit die samelewing, dienste ontoeganklik is en hulle nie doeltreffend met horende mense kan kommunikeer nie. Hierdie gevoelens kan gevolglik lei tot depressie, dwelm- of alkoholmisbruik, gewelddadige gedrag en selfdood in sommige gevalle.

Die verband tussen geestesgesondheidsprobleme en die uitwerking van die uitdagings van doofheid kan reeds van ’n baie vroeë ouderdom af gevorm word.

Een studie het bevind dat dowe kinders wat probleme het om met hul familielede te kommunikeer, vier keer meer geneig is om deur geestes­gesondheidsversteurings benadeel te word as dowe kinders wat maklik met hul familielede kan kommunikeer.

Die behandeling van geestes­gesondheidsprobleme by dowes is ongelukkig ook ’n groot uitdaging as gevolg van ontoeganklike mediese dienste.

Min medici in die geestesgesondheidsveld is gebaretaal magtig en kan nie doeltreffend met dowes kommunikeer nie. Die persoonlike aard van geestesgesondheids­probleme en die stigma wat daarmee gepaardgaan, kan verhoed dat ’n dowe in só ’n konsultasie van ’n tolk wil gebruik maak tydens. Hul privaatheid word in die gedrang geplaas en in sulke gevalle is dit nie lekker om afhanklik van iemand anders te wees nie.

Professionele tolke is baie duur en nie altyd beskikbaar nie. ’n Korrekte diagnose is uiters belangrik in die behandeling van geestesgesondheid­siektes, maar weens die gebrek aan voldoende kommunikasie tussen ’n dowe pasiënt en ’n horende dokter kan dit problematies wees.

Medici in die geestesgesondheidsveld word aangemoedig om hul dienste meer toeganklik vir dowes en mense met gehoorverlies te maak. Wanneer ’n dowe gediagnoseer word, sal ’n tweede mening moontlik ’n aanbeveling wees.

Mediese personeel moet ingestel wees op die feit dat dowes hul emosies soms anders as horendes wys. Dowes maak staat op kragtige en sterk emosionele tentoonstellings om betekenis en gevoel weer te gee, waar dit in die horende gemeenskap dalk aggressief en negatief ervaar kan word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.