Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Geweld moet gestop word

Die onderwerp van geslagsgeweld, en spesifiek van geweld teen vroue en kinders, is eintlik al voos geskryf.

Suid-Afrika het die afgelope week ’n besonder donker week in dié opsig beleef.

Wat egter opval, is dat daar, vir elke geval wat in die openbare oog is en waar duisende mense help soek, bid en deel, tientalle gevalle is van vroue wat nooit die nuus haal nie en nooit duisende kere op sosiale media gedeel word nie.

Dis ongelukkig onafwendbaar dat sekere omstandighede altyd só sal saamloop dat sekere gevalle voorblaaie haal en ander gevalle ’n stille dood sterf met die vrou agter daardie geval saam.

Maar dit is wel broodnodig dat ons as gemeenskap die hoëprofielsake aanwend om bewustheid te skep vir die vroue wat in die agtergrond mishandel, verkrag, aangerand en vermoor word.

Dankie vir die mans wat in Worcester die voortou neem om ’n optog te hou teen die geweld teen vroue en kinders (bl. 3).

Ons as Standard se vroue ondersteun julle.

Die optog begin Woensdag 11 Septem­ber om 10:00 by Queensplein. Dra swart.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.