Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Goeie oogsorg dié maand onder die loep geneem

Oogsorgmaand word van 23 September tot 18 Oktober gehou om bewusmaking te skep oor die belangrikheid van gesonde oë en spesifiek voorkoming en behandeling van blindheid wat moontlik vermy kon word.

Volgens oogkundiges wêreldwyd is nalatigheid ten opsigte van ooggesondheid die groot rede waarom mense in die lang termyn met hul sig sukkel. Volgens die Suid-Afrikaanse regering kan 75% van alle gevalle van blindheid en swak sig voorkom word.

Jou oë is ’n orgaan wat jy meer as driekwart van jou lewe inspan om take te verrig – iets wat nie sonder gehaltesorg of gereelde besoeke aan die oogkundige moontlik is nie.

Gedurende oogsorgmaand bied verskeie oogkundiges gratis siftingstoetse aan. Kontak gerus die volgende oogkundiges om ’n afspraak te maak vir jou gratis siftingstoets: Bierman Janeke Oogkundiges (023 342 1828) of Van Wyk en Le Roux Oogkundiges (023 342 5827).

Kyk só na jou oë:

• Gaan minstens elke twee jaar vir ’n oogtoets;

• Dra ’n goeie sonbril om jou oë teen die son se UV-strale te beskerm;

• Ken jou mediese geskiedenis – baie oogkondisies is oorerflik;

• Bêre die sigarette – rook verminder die bloedvloei na jou oë, wat talle nagevolge kan hê;

• Eet kosse ryk aan vitamiene A en

• Rus jou oë deur op ’n punt verder as 6 m te fokus, veral wanneer jy baie tyd agter die rekenaar spandeer, minstens elke 30 minute.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.