Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Jong Stemme
Het Hugo toe die polisie gebel?

Ja, ek gee toe. Dit is waar.

Suid-Afrika is nie op die beste plek nie – dit is ’n feit waarvan ons nie kan wegskram nie. Elke dag word ons ontnugter en omring deur hierdie siening: Ons vooruitsigte lyk nie te waffers nie en sosiale media is die petrol – die kan en sommer die hele kar – wat op die vuur gegooi word.

Foto:

Sosiale media is deesdae dié skinderplek, die broeiplek en broeikas vir fopnuus en verskuilde agendas, die klagtekantoor van die lewe, die kerksaal sonder tee of koffie en selfs die slegsê-megafoon van die wêreld. Maar soms – net soms – word jy verstom en uitgeboul deur ’n inskrywing wat jou dag kan maak, wat jou troebel dag kan ophelder en selfs die hele land kan laat gons en laat lag. Ons Suid-Afrikaners het darem maar ’n sin vir humor.

Meme, foto’s, videogrepe en prentjies is darem oral op die internet en op sosiale media te vind. Binnegrappies (inside jokes) of grappe wat op WhatsApp-groepe gestuur word wat jou kan laat skater het ook hul plek, maar daardie inskrywings wat tong-in-die-kies is en die hele land laat praat, dis juis húlle wat ek voel ons nasie definieer.

Wie kan nou die Schweizer-Reneke-voorval van 2017 vergeet? Ek wonder of Chris al gery het. Arme Margaret se lewe het daardie dag handomkeer verander, maar bewusmaking oor die gebruik van sosiale media is opgeskerp tydens die verloop van hierdie glipsie. Vandag oordeel niemand haar nie en het sy gesorg vir talle glimlagte in donker en onseker tye.

Die Oscar-grappies, wat as onsmaaklik bestempel is, het die hele wêreld aan die gons gehad, hoewel dit nie afbreuk gedoen het aan die aaklige gebeure van daardie spesifieke Valentynsdag nie. Ons Suid-Afrikaners het maar net gekies om dit anders te hanteer.

My f*k Marelize, Piet wat hom en sy vriend in ’n ongeluk laat beland en net van die toneel af verdwyn het, en Hugo wat die polisie moes bel ná ’n namiddag-straatgeveg in Pretoria-Noord, is oomblikke wat ons sal bybly. Ek gee ook toe, smaak en humor verskil van mens tot mens, maar dít is wat ons uniek maak.

Ons gebruik humor om weg te kom van die ellende, om weg te breek van die negatiwiteit en as’t ware vorentoe te gaan.

As jy weer iets negatiefs wil plaas, kyk eerder of jy nie iets snaaks of iets positiefs kan plaas nie – of bly eerder stil en weerhou jouself van die negatiwiteit. Hugo-bel-die-polisie-video’s en inskrywings oor petroljoggies wat weldoeners is, vind in elk geval meer aanklank by my as boikotte, kermsessies of video’s van “skottelbraai-vir-Steve”.

Ek wonder steeds: Het Hugo toe die polisie gebel?

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.