Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Hoe gaan ons nou oorleef?

Ons vra tereg op die voorblad: Waar gaan dit eindig? Die petrolprys is gemiddeld nou R17 per liter. Wie sou dit hom ooit kon voorstel?

Suid-Afrikaners trek bitter swaar. Die meeste mense moet elke sent drie keer omdraai en knyp tot die mossie op die sent se oë traan.

Indien jou motor gemiddeld 10 km/F verbruik, gaan dit jou nou R510 kos om 300 kilometer te ry.

Mense met motors met 60 F-brandstoftenks, gaan R1 020 opdok om dit vol te maak.

Dit is inderdaad skrikwekkend. By Standard het die meeste mense besluit om maar voet te slaan werk toe. Ons kan net nie meer ry nie.

Skole sal moet herbedink hoe hulle hul buitemuurse aktiwiteite gaan organiseer sodat ouers nie meer op en af hoef te ry om kinders by aktiwiteite te gaan aflaai of te gaan haal nie. Dit is of dit, of kinders gaan minder buitemuurse aktiwiteite begin doen.

In die meeste huise leef mense op skuld om te oorleef. In Worcester is behuising ongelooflik duur. Hoe ons vorentoe gaan bly oorleef, weet nugter.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.