Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
dink-skrum met davie
Klubs moet identiteit behou, ondanks ambisie
In ’n tyd waarin almal die eerste en die beste wil wees, verloor mense ’n deel van hul identiteit.
Dit kom voor asof van ons gemeenskapsrugbyklubs in die einste groef verval: om die beste te wil wees en in die proses ’n deel van hul identiteit verloor.
Davie Lawrence
Davie Lawrence
Spanne – of laat ek dit eerder só stel – ons amateurklubs het ’n verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap waaruit hulle kom. Daar is sekere waardes en identiteite wat gekoppel word aan sekere spanne en dit is daardie klubs se administrateurs, ondersteuners en spelers se werk om dit te behou.
Dit wil egter voorkom asof daardie waardes egter verkrag sal word ter wille daarvan om die beste te wees.
Deesdae gaan sommige rugbyklubs tot die uiterste om lelik te wees met mekaar. Ek weet nie of hulle probeer om ’n sielkundige voorsprong te kry of om die ander span te intimideer nie, maar dit lyk baie sleg.
Dit lyk dalk nie vir jou as klub so sleg nie, maar daar word later ’n stigma aan die gemeenskap of dorp waar jy vandaan kom, gekoppel.
Tog is alles so onnodig, want in die meeste gevalle is die rugbyspelers eintlik goeie vriende. Die skade wat hulle aanrig deur lelik te wees, bly egter lank in die geheue van die slagoffers.
Iets wat nou ook al hoe meer kop begin uitsteek, veral by klubs in die Grootuitdaagliga, is dat spelers van buite die dorps- of munisipale grense by ’n klub aansluit en jonger, plaaslike spelers die geleentheid ontneem.
Verstaan mooi dat dit nie verkeerd is om, soos dit in klubrugbygeledere bekend staan, “buitespelers” te hê nie, maar daar moet ’n gesonde balans gehandhaaf word. Dit kan nie wees dat meer as 50% van jou eerstespan van buite jou gemeenskap is nie.
Die risiko is daar dat die span sy identiteit kan verloor en dat die gemeenskap uit voeling raak met die spelers. Die ontwikkeling van jong talent bly ook agterweë omdat daardie spelers se plek altyd deur spelers van buite gevul word.
Dit is in sekere gevalle wel nodig, want in sommige dorpe het jy net soveel talent om kompeterend mee te bly, maar daar moet ’n balans wees.
Die druk om die beste te wees is daar en sal altyd daar wees, maar ons moet nooit dat dit ons begin beheer en ons verhouding met ons gemeenskappe beïnvloed nie. Dit is ons werk as klubs om te verseker dat daardie waardes en identiteite behoue bly.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.