Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Dare to Care
Meer dinge hiér by die IftB gedoen

Ek kon nie aanvanklik verstaan waarom, en selfs hoe, ek as voorsitter van die beheerraad van Innovation for the Blind (IftB) geëindig het nie. My lewensondervinding het tog immers heeltemal in die teenoorgestelde rigting ontwikkel.

As ekoloog en bewaringskundige was ek egter geseënd met twee kinders wat my geleer het om te luister namens dié wat nie kan hoor nie en om waar te neem namens dié wat nie kan sien nie. Hierdie is buitengewone voorregte wat sekerlik net ouers van blinde en/of dowe kinders kan verstaan.

Kennismaking met uitdagings

Ek was verder geseënd met kennismakings met uitdagings soos intellektuele gestremdheid en alles van outisme tot lae spiertonus, epilepsie, en depressie – ek noem met opset net ’n paar. Vandag is al twee my kinders gelukkige inwoners van Huis Ebenhaezer by IftB en maak geen geheim daarvan dat hulle my huis as vervelig beskou nie.

My ondervinding by IftB was oorweldigend – in die mooi sin van die woord. Die uitdagings het my gereeld laat voel soos Don Quixote, geskryf deur die geweldig intelligente Miguel Cervantes Saavedra. Hy kon lewenslesse op grappender­wyse só raak beskryf. Die een stukkie wat gereeld uit die boek na vore gekom het, was: “Oh, Sir, Sir, there are more tricks done in the village than those that make a noise”.

IftB gee die pas aan

Praat van diversiteit en stelsels vir nie net blinde mense nie, maar ook dié met ander gestremdhede waarvan niemand weet nie, dan praat jy van Innovation for the Blind.


Ek het kennis gemaak met die ongelooflike vermoë van al die personeel- en bestuurslede om enige uitdaging met blymoedigheid, geesdrif en genot aan te pak. Hierdie gewaarwording was oorweldigend – en dan praat ek nie van hul vermoë om sukses uit niks te kan op toor nie! Nicolas Chamfort het reeds in die 1700’s geskryf: The most wasted of all days is that on which one has not laughed.

Die personeel se vermoë om die kleinste deurbrake van inwoners met die grootste vreugde te vier, was nie net hartroerend nie, maar ook aansteeklik gesond. Dit is só jammer dit gebeur nie in die gewone lewe nie.

Lesse geleer

As voorsitter was die les wat ek by IftB geleer het: Al het jy geen kundigheid nie, kan jy baie waarde toevoeg slegs deur te onderskraag, te ondersteun, te luister en saam te probeer. Die uiters bekwame personeel het dit so nodig net om te weet daar is iemand wat verstaan wat hulle in uiters moeilike en uitdagende omstandig­hede probeer regkry.

Events not to be missed

Stay up to date with technology and assistive devices for the disabled at our Network Event. The event will take place on Friday 27 September from 11:00 - 15:00 at the Danie Lückhoff Hall, 135 Tulbagh Street, Worcester. The following exhibitors will be part of the event: Pioneer Printers, Edit Micro Systems, Deafblind SA, Sensory Solutions, Western Cape Network on Disability and many more. For more information contact our orientation and mobility practitioner Sharon Goosen om@innovationfortheblind.org | 023 347 2745

Feedem omskep Huis Brevis se eetsaal Vry­dag 4 Oktober in ’n gesellige koffie­winkel. Die spyskaart spog met opwindende nuwe geregte asook al die ou gunstelinge – van liplekker soetgoed tot heilsame maaltye. Almal is welkom! Nooi ’n vriend of vriendin, jou gesin of enigiemand saam met wie jy ’n gesellige tydjie wil deurbring. 
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.