Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Burgemeester-brokkies
Naweek van liefde uitleef, verstom

Beste inwoners,

Dit was vandeesweek ’n groot voorreg om die winterreën en sneeu op die pieke van ons pragtige blou berge te kon sien.

Ons wonder hoekom dit reën en sneeu in Oktober, maar ons moet eerder net op ons knieë gaan en DANKIE sê vir die wonderlike genade oor ons dorp.

Ons damme loop mooi vol en ons tuine is weer lekker nat. ’n Mens kan nie die grond se reuk mis nie.

En wat is nou beter as ’n lekker pot sop met ’n vetkoek daarby?

Ons dorp het verlede naweek ’n groot ommeswaai gehad met die omgeeprojek Leef Liefde. Soveel mense is deur die storie van Stefaans Coetzee bereik en ons het ’n naweek van liefde, omgee, vergifnis en voluit lewe beleef. Ek dink elke mens wat die sessies die Vrydag tot die Sondag bygewoon het, kan getuig dat die Here in ons hart en ons lewe gewerk het en dat ons elkeen ’n stukkie goud van Stefaans ontvang het. ’n Groot dankie aan ons dorp se inwoners wat probeer om die Leef Liefde-lewenswyse in hul werksplek en woonplek uit te leef.

’n Spesiale dankie ook aan Hugo Kilian. Jy het my net weer laat besef ons het meer mense soos jy nodig.

Ek wil lesers ook vertel van my ondervinding in die dag van ’n doofblinde. Glo my, ek en die span wat saam met my was, het net weer eens bewus geword van die geduld wat dié mense het om ander te help – hoe in die lewe van ’n doofblinde mens alles verander; hoe jou sintuie verander.

Baie dankie aan die span van Innovation for the Blind vir die werk wat julle in die gemeenskap doen.

Die Zwelethemba Corridor is geopen en ek wil die span van die Breedevallei-munisipaliteit (BVM) gelukwens met die pragtige projek.

Dis regtig iets baie mooi vir ons gemeenskap en maak ’n groot verskil in die lewe van ons kinders. Chris Smal: “Well done!”

Ek wil weer vir inwoners van ons dorp baie dankie se vir u geduld met die BVM en dankie dat u altyd help waar u kan. Dankie vir almal wat hul plekkies mooi en skoon hou en die sypaadjies netjies hou. Dankie ook aan die gemeenskappe wat hul omgewing netjies hou.

As ons almal mekaar kan help, gaan ons dorpe baie netjies wees en sal ons uitdagings baie minder word. Baie dankie aan ons instansies wat so mooi help; ek waardeer julle.

Aan ons skole: Die hoofde en onderwysers, baie dankie vir die rol wat julle in die opvoeding van ons kinders vervul en dankie vir die omgee om van elke leerder ’n suksesstorie te maak. Ek weet die woordjie dankie word maar min gebruik, maar dankie vir mense soos julle.

Baie geluk aan al ons instansies met hul jaareindgesellighede. Dis lekker om terug te kyk op die suksesstories van elke organisasie sonder winsbejag, tehuise vir bejaardes, rugbyklubs en dienssentrums. Saam kan julle berge versit – glo net.

My boodskap hierdie week vir elkeen van u is liefde, voorspoed en net sukses op die pad wat u elkeen loop.

Wees gefokus op ons Hemelse Vader en Hy sal u nie teleurstel nie.

LEEF LIEFDE.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.