Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Omheinings ontneem geniet van natuur

Ek wil net graag verneem waarom al die paaie toegekamp word na die velde in Worcester.

Die pad agter by Pionierskool uit na die ou stock car-bane is toegemaak vir visvang met ’n geldige visvanglisensie en om foto’s te neem van die natuur.

Die dam word nou orals omhein by die Mountain Mill-winkelsentrum. My ouers geniet dit om op ’n Saterdagoggend vroeg met die honde te gaan speel by die dam en dit te geniet hoe die honde baljaar in die water.

Die paadjie by die koppie naby Somersetpark langs die N1 is nou ook toegemaak. Dit is daar waar ek die mooiste foto’s kan neem van Worcester se berge.

Ek kan verstaan as dit dalk is omrede daar mense is wat rommel strooi in die veld en nie by die vullisgate nie.

Maar tog ontneem sulke omheinings ons van die plesier en die mooi van die lewe en die kans om die natuur van naby te geniet.

Niël Laufs,
Worcester
Die brief is aan die BVM-munisipaliteit gestuur. Kommentaar sal volgende week gepubliseer word. - Red.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.