Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Oompie ‘vriendelike, ernstige sakeman’

Die berig in Standard van 9 Februarie 2017 (Oompie is grafstil . . .) sowel as redaksionele kommentaar daarop noodsaak gepaste reaksie vanuit beleggingsienswyse.

Natuurlik is elke mens geregtig op sy mening, maar wat in die media kwytgeraak word, veroorsaak dat goedbedoelde inisiatiewe as misdaad geïdentifiseer word.

Die media hamer op David Cupido, eienaar van 4th Power Investments, se verwysing na wit kapitaliste, banke se negatiewe reaksies of kommentaar wat deur Oompie uitgewys word. Ook Oompie se weergawe dat die huidige sisteem baie stadiger is as voorheen toe Oompie met FNB sake gedoen het. Ook word bevraagteken of 4th Power die nodige fondse het om beleggers uit te betaal.

Op Dinsdag 7 Februarie het ek en my seun, Mario, en my buurman Greg Adams vir Oompie in Touwsrivier besoek.

Gebaseer op mediaberigte, sowel as rondgaande stories uit sekere beleggerskringe, het ek verwag om ’n onvriendelike en arrogante Oompie te ontmoet – iemand wat grafstil sou wees.

Inteendeel, ek het ’n vriendelike, dog ernstige sakeman ontmoet. Iemand wat baie duidelik diep teleurgesteld is in die houding van sommige strukture en individue.

Oompie verduidelik: Hy is seker die Valke se genl. Elizabeth de Villiers is ’n familielid is van ’n bankamptenaar by FNB, hy is ook redelik seker dat hierdie bankamptenaar noue familiebande het met die plaasboergemeenskap van Hexvallei.

Om hierdie rede glo Oompie dat daar saamgespan was deur hierdie groep om die verhouding tussen 4th Power Investments en FNB te vertroebel.

Vandaar Oompie se verwysing na ’n “derde mag” en “wit kapitaliste”. Hy verwys dus na ’n geïsoleerde groep en nie na alle witmense nie.

Oompie meld ook dat hy ondervind dat gemelde invloed nou ook oorwaai na ander bekende banke, daarom noem hy (met jammerte) die name van sekere banke in die video op 4Th Power se Facebook-blad.

Dis hoekom hy glo dat daar sameswering deur banke is om die houding van FNB na te volg, wat meewerk om die uitbetalingsisteem te vertraag. Betreffende sy huidige betalingsisteem het Oompie verduidelik dat dit hom noodsaak om elke belegger se besonderhede een vir een in te sleutel en dan te wag vir die aanvaarding-aanduiding voordat hy kan voortgaan met die volgende belegger. Dit verduidelik waarom beleggers sporadies hul betalings ontvang.

Belangrik om te meld dat verskeie beleggers in die Breedevallei al hul gelde ontvang het. My vennoot Hubert se neef asook sy seun in Worcester het verlede maand hul geld ontvang. Verskeie beleggers bly stil oor uitbetalings omdat mense hulle pla of geld wil leen.

Om te bevraagteken of Oompie voldoende fondse het om beleggers uit te betaal behoort beantwoord te word met die teenvraag: “Waarom sou die Valke 4th Power Investments toelaat om voort te gaan met normale besigheid wetende dat die onderneming nie voldoende fondse het om beleggers te betaal nie?”.

Later het my groot vriend Gerrit Jaftha, mediawoordvoerder van 4th Power, by ons aangesluit en ons het ’n gesprek gehad oor die sosio-ekonomiese situasie van Touwsrivier en hoe 4th Power Investments dit kan verbeter.

My woorde aan die groep voor my vertrek was “Oompie se grootste sonde was om mededeelsaam te wees met sy welvaart, miskien moes Oompie net met homself en met sy noodbehoewende gemeenskap gedeel het. Hy was immers reeds suksesvol voordat hy na die gemeenskap uitgereik het!”

Met my terugreis Worcester toe besef ek weereens: “God never said that the journey will be easy, but He did say that the arrival would be worthwhile”.

Ons by Rural Eyes for Development Consultants (Redcon) sal dus al die pad saam loop met die kaalvoet-Oompie tot ’n beter lewe vir almal! Vanuit ons jare lange ondervinding weet ons daar is geen alternatief nie!

Kontak gerus vir Hubert Titus (06 0716 5022) as u enige bydra wil lewer tot lewensvatbare inisiatiewe vir plattelandse gemeenskappe.

Moses Alexander: projekbestuurder Redcon
Worcester

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.