Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Rolmodelle moet voorbeeld vir jonges stel

Geweld teen vroue was die afgelope paar weke weer sterk in die kollig ná talle gruweldade wat teenoor ons vroue gepleeg is.

Dit is iets wat my omtrent pla en waar ek voel ons as die klubrugbygemeenskap ’n verskil kan maak.

Davie LawrenceFoto:

Ek was verlede naweek by die Kaapse Wynland-sportraad se prysuitdeling en is geroer deur ’n toespraak van een van die sprekers, J.P. Naudé. Hy het onder meer genoem dat ons as sportleiers in ons gemeenskappe aan die voorpunt moet wees om verandering te bring en ’n voorbeeld moet wees.

Hy vra die vraag of ons die morele van ouds agtergelaat het?

Wanneer laas het ons ’n deur vir ’n vrou oopgemaak of ’n stoel vir haar uitgetrek?

Dit lyk asof daardie waardes besig is om onder ons jongmanne weg te raak.

Daar is soveel jongmanne wat opkyk na ons rugbyspelers in ons gemeenskappe – jong seuns wat graag soos hul gunstelingspeler wil wees.

Die manier hoe jy jou van die veld af gedra, het ook ’n uitwerking op daardie jongman wat na jou opkyk. As hy sien jy het respek vir jou meisie en jou vrou, gaan hy jou voorbeeld volg, en andersom, want in sy oë is jy sy held en jy kan niks verkeerd doen nie.

Dieselfde geld vir ons as administrateurs – ons gaan meer moet doen om ons vroue te beskerm en op te hef; dit help nie ons is as leiers by ons rugbyklubs verkies en wil net naweke langs die veld mooi lyk nie.

Ons almal – administrateurs en spelers – het ’n verantwoordelikheid teenoor die vroue en kinders in ons gemeenskappe.

Dit is tyd dat ons regtig ’n voorbeeld stel en ’n verskil maak. Ons is in posisies waar ons optrede groot verandering in ons gemeenskappe teweeg kan bring.

Dit moet by ons begin, en die tyd is nou meer as ooit tevore.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.