Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Burgemeester-brokkies
September-dankie

September het ons met ’n pragtige sonskyndag gegroet, maar deur die sonskyn was ook soveel hartseer met geliefdes in Suid-Afrika, die Wes-Kaap en in die Breedevallei wat hul lewe deur misdaad, moorde, ongelukke en ander sterftes verloor het.

Ons het verneem van Amy’Leigh wat ontvoer is, maar teruggevind is. Ons het ook verneem van voertuie wat deur misdaad afgeneem word en ek vra my af: “Wat gaan aan in ons land en dorpe en wanneer gaan dit stop?”

antoinette steyn
Antoinette Steyn

Ons is bang om saans in die straat te ry of soggens te loop. Ons loop omkyk-omkyk en as ons ’n voertuig bestuur, is ons bang, want jy skrik vir alles.

Ek glo en ek bid dat die Liewe Heer ons land, die Wes-Kaap en die Breedevallei sal help, want gebed dra krag.

Ek moet ook die goeie in ons dorp uitwys . . .

Rogail, ons atletiekmeisie met die skaam glimlag, het haar prys gekry. Baie dankie vir u ondersteuning en vir dié wat vir haar gestem het.

Well done, Rogail, ons is baie trots op jou. Jou kompas is reg en jou Bybel jou padkaart. Bly glo en bly biddend.

Cheswyn Ruiters van Maak My Famous het sy eerste enkelsnit, A Reason, geskryf deur Jarrad Ricketts, onthul. Dit is só ’n mooi musiekstuk en Cheswyn doen dit uit sy hart en uit volle bors.

Verskeie skole staan uit met sportkodes en hul kinders en van ons jong manne en vroue het oorsee gaan kragte meet.

Ons bid vir elke leerder in ons dorpe, of jy hier woon, in ’n ander dorp gaan speel of oorsee gaan – baie sterkte en wees veilig.

Aan elkeen wat ’n diens lewer vir ons dorp en sy mense – baie dankie. Ons sien raak hoe ons dorpe weer vorm inneem en ek is bly ek woon hier waar ons nog dienste kry.

Dankie dat ons as gemeenskap saam kan staan en ons plekke opbou en beter maak. Dankie dat ons kan glo in mekaar, kan bid vir mekaar en kan omgee vir mekaar.

Ek wil ook vandag ’n klop op skouer gee vir elke inwoner wat ’n verskil maak in ons instansies vir gestremdes en die lewe vir mense makliker maak. Ek haal my hoed vir julle af. Julle is die leggers van die hoeksteen van mense met spesiale behoeftes in ons pragtige dorp.

Wees veilig, inwoners, en ons bly bid vir ons dorpe en mense.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.