Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Dink-skrum met Davie
Skouspel soos min wag nou op klubrugbyaanhangers

Die groepfase van die Top-12-Grootuitdaagbeker het die afgelope naweek tot ’n einde gekom.

Hierdie naweek vind die halfeindstryd op Boland-stadion in Wellington plaas, wat ’n skouspel soos min vir klubrugbyaanhangers in die Boland sal wees.

Ongelukkig sal die Breëlangeberg­streek geen verteenwoordiging in die Grootuitdaagbeker hê nie, nadat die verdedigende kampioen, Villagers Worcester, asook Robertson Town nie die groepfase kon oorleef nie.

Dit sal die eerste keer wees sedert die aanvang van die Grootuitdaag­beker dat dit gebeur.

Ons streekspanne in die Streekuitdaagbeker het gemengde welslae behaal.

McGregor moes hard werk om ’n begeesterde Villagers Breërivier te klop om sy plek in die halfeindstryd te bespreek. Bonnievale Blue Birds het ’n gulde geleentheid deur die vingers laat glip toe hy ’n goeie voorsprong teen Temperance van Gouda weggegooi het.

Die span van McGregor sal dus al span wees wat die streek in die Streekuitdaag sal verteenwoordig.

In die Gemeenskapskild kon Rooiberg nie sy laaste wedstryd wen nie, wat beteken sy seisoen het ook geëindig. Laingsburg is reeds na die halfeindstryd uit die Eerste liga en hierdie naweek het Alberts van Worcester ook seker gemaak van sy plek in Wellington die komende naweek.

Die volledige lys halfeindstryde lyk soos volg:. Grootuitdaagbeker: Caledon vs. Darling en Roses vs. Saldanha.. Streekuitdaagbeker: Riebeeck United vs. Mcgregor en Young Blues vs. Temperance.. Gemeenskapskild: Buffelsjags vs. Red Stars en Young Eagles vs. Evergreens Wellington.. Eerste liga: Evergreens OVB vs. Laingsburg en Oak Valley vs. Alberts.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.