Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Stemme dik gemaak

Net toe Standard reken daar kom ’n gaping in die storie van 4th Power Investments, gebeur dit dié week dat die eerste ongelukkige belegger by ons deur instap om haar storie aan ons te vertel. Ons glo sy gaan nie die laaste wees nie.

Sy is baie sleg by Touwsrivier behandel en soek haar geld, vertel sy aan ons. Sy smeek 4th Power om haar geld uit te betaal. Ook in hierdie uitgawe skryf nog ’n leser ’n brief waarin hy vertel hoe hy heeltemal die teenoorgestelde ervaring gehad het en hoe goed Oompie, eienaar van 4th Power is. Hoe professioneel en kalm.

Hy praat namens Cupido oor die moeilikheid met die uitbetalings. Dit is jammer dat Cupido nie self vir ons die brief of persverklaring gestuur het nie. Standard vra immers al maande lank daarvoor.

Dit versinnebeeld presies die dilemma waarin Standard hom bevind. Ons vra vir kommentaar. Ons stuur e-posse na Oompie se regsverteenwordiger, omdat sy (Oompie se) stempos vol is. As ons ’n video met Oompie se eie woorde aanhaal, skep ons die verkeerde indruk, is die aantyging teen Standard.

Standard sal voortgaan om te berig oor die gebeure rondom 4th Power Investments.

Ons verneem ook betroubaar dat beleggers nou in groter getalle by Oompie se huis opdaag om antwoorde en hul geld te eis.

Hulle raak kwaad. Hulle is, volgens ’n baie betroubare bron, polisiestasie toe. Standard kon teen druktyd nog nie bevestig wat hulle by die polisiestasie gemaak het nie.

Intussen het 4th Power ook ’n kantoor op Worcester oopgemaak wat as dienssentrum sal dien. Dat dinge nou op die spits gedryf word, is seker.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.