Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Dink-skrum met Davie
Streek lewer gesonde kwota finaliste

Die afgelope naweek was week twee van die Top-12-kompetisie en weer het ons baie drama en intriges beleef.

In die Grootuitdaagbeker het die kampioen, Villagers Worcester, ná die nederlaag verlede naweek hard teruggeslaan deur Hamlet op dié se tuiste met 30-23 te klop. Villagers moet nou hoop Hamlet klop Caledon daar in die Overberg vir ’n kans om deur te dring na die halfeindronde. Robertson is uit die kompetisie uitgeskakel toe hy in die doodsnikke van die wedstryd teen Roses United van Wellington vasgeval het.

Davie LawrenceFoto:

McGregor en Bonnievale Blue Birds het hul veldtog in die Streekuitdaagliga se Top-12 op ’n goeie noot begin. McGregor, wat volgende jaar in die Grootuitdaagbeker gaan speel, het op sy tuisveld ’n sterk Kleinmond-span met 24-10 geklop en kan volgende week sy plek in die halfeind­ronde bespreek.

Blue Birds het homself ook ’n groot guns gedoen toe hy Riviersonderend in ’n wegwedstryd met 24-17 verslaan het. Dit beteken Blue Birds moet nou net Temperance van Gouda klop vir sy plek in die halfeindstryd.

In die Gemeenskapskild het Rooiberg sy openings­wedstryd teen Vastrap met 33-23 gewen en moet hy nou volgende week vir Young Eagles in die Overberg klop vir ’n plek in die halfeind­stryd. Buffeljags was ook aan die wenkant met ’n sege van 25-11 teen Highlanders van Grabouw. Ook dié span kort nou net ’n sege om vir die halfeindronde te kwalifiseer.

Alberts het sy Top-12-veldtog in die eersteliga baie goed begin met ’n oorwinning van 75-3 oor Young Happy Stars, terwyl Laingsburg met sy tweede agtereenvolgende oorwinning sy plek in die halfeind bespreek het. Dit lyk of ons streek-semifinaliste in die al die ligas gaan hê . . . net oor die Grootuitdaagbeker hang daar nog ’n vraagteken.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.