Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Uit ’n ander hoek
Sy is almal van ons, en almal van ons is sy
  • Sy het haar seun vir die polisie weggesteek – die een wat sy vrou geslaan en toe by sy ma kom wegkruip het. Toe die polisie daar aankom, het sy vir hulle gesê sy weet nie waar hy is nie. Later het sy hom kosgegee, soos ’n goeie ma betaam, en hom huis toe gestuur met ’n ligte vermaning, maar nooit gevra hoe dit met haar skoon­dogter gaan nie. Sy wil nie inmeng nie.
  • Sy het gehoor hoe haar tienerseun en sy maats van ’n meisie praat toe sy by sy kamer verbyloop. Hulle het hard en lelik gelag. Dit het haar maag geruk, maar sy het aangestap en gaan kosmaak vir hulle. Boys will be boys.
marlene jordaan
Marlene Jordaan
  • Sy het by die werk gesien hoe manlike kollegas afbrekende grappe aan mekaar stuur, maar stilgebly omdat haar hoof een van hulle was. Sy wil nie bestempel word as ’n moeilikheidmaker nie. Sy wil graag vorentoe bevorder word.
  • Sy het by die braai eenkant gesit, saam met die vroue, terwyl die mans al hoe dronker langs die vuur geword het. Later het sy haar vriendin in die kar laat ry en huis toe gestuur saam met iemand wat haar potblou gaan slaan wanneer hulle tuis kom. Brannas het mos nie brieke nie en sy wil nie moeilikheid by haar eie huis hê nie.
  • Sy het in ’n winkel gesien hoe ’n pa sy dogtertjie voor die speelgoedrak verskree; hoe die are op sy nek bult. Sy het weggedraai, want sy wou nie ’n scene maak nie. Die veiligheidsmense moet maar intree.
  • Sy het geweet van ’n onderwyser wat ’n verhouding met ’n skoolkind het, maar niemand doen iets daaraan nie; hoekom moet sy? Buitendien het die meisie mos met haar kort skoolrok daarvoor gesoek. Vandag se meisies is mos ook nie meer so onskuldig nie.
  • Sy het elke dag ligtyd by die werk geloop omdat die pad na haar motor nie verlig is nie. As iemand vreemd in die parkeerterrein staan, wag sy in die gebou totdat hy weg is.
  • ’n Tweestryd woed elke keer in haar wanneer sy alleen in die hyser ry en ’n vreemde man klim in. Moet sy uitklim en ongeskik lyk, of moet sy gaaf wees in inbly?
  • Sy is ’n enkelma, sy werk ver en moet elke dag die taxi neem, en nog twee kilometer tot by die huis stap – ná donker. Haar kinders moet alleen ná skool tuis bly aangesien sy nie ’n oppasser kan bekostig nie. Gister het ’n man haar aan die arm by die bosse probeer insleep, maar sy kon wegkom. Die polisie wou nie ’n saak aanhangig maak nie, want niks het mos eintlik gebeur nie. Môre gaan hy weer vir haar daar wag – sy weet dit.
  • Sy maak die deur vir haar kollega oop. Hy bring net gou ’n werksdokument vir haar huis toe. Dis so gaaf van hom. Sy bied vir hom ’n glas wyn aan en hy aanvaar. Later druk hy haar op die bank vas, sit sy hand oor haar mond en verkrag haar. Sy meld dit aan; maak ’n saak. Maar sy het hom dan wyn aangebied – wat moes hy dan nou ook dink?
  • Sy gaan haal ’n pakkie by die poskantoor. Hy slaan haar met ’n skaal dood, verkrag haar en gooi haar weg in ’n vlak graf.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.