Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Te veel op emmerskoplys, te min tyd

’n Geselsie Sondagmiddag by my pêl Piet se huis het my weereens laat besef dat mense uiteenlopende emmerskoplyste het.

En die feit is dat ’n mens nie ver hoef te ry om jou wenslys te vervul nie. En dat vriende dieselfde belangstellings deel en glad nie opgewonde kan raak oor sekere aktiwiteite nie.

Só is brugspring, valskermspring en vryval uit vliegtuie glad nie op ons wenslys nie.

Gee ons liewers ’n mooi uitsig vanaf ’n berg, ’n rivier of die strand om die adrenalien te laat pomp.

Ek, Piet en ons wederhelftes wil vreeslik graag die Montagu-trekkerrit en potjiekos ervaar. Dié tyd van die jaar is die weer ideaal daarvoor.

’n Mens het ’n wolklose, sonskyndag nodig om die uitsig oor die Koovallei te waardeer.

Die doel van die uitstappie is immers om iets nuuts te ervaar en terselfdertyd te ontspan.

Daarom sou ek dit graag wil kombineer met ’n besoek aan die wynkelders in die Robertson-omgewing. Die roete is klaar in my kop.

Arabella, Rietvallei, Bon Courage, Van Loveren, De Wetshof en, indien tyd dit toelaat, Weltevrede.

Op ’n ander dag wil ons op die rivierboot by De Breede Otter vaar. Tydens ons gesels kom ek agter dat dit ’n ideaal is wat ons lank koester.

Ons wil die landskap langs die Breërivier geniet, met net die geluid van die boot se enjin en die voëls se gesels in ons ore.

Dan kan ons by die wynkelders op die R43 aandoen. Eagle’s Cliff is al baie jare op my lys.

Ons beoog om in April die Slanghoekvallei vir ’n jong dame van Engeland te wys.

Verder sal ek graag vir hulle op die Klipbokkop 4x4-roete wil neem. Dit bied ’n asemrowende uitsig oor die Worcester-vallei.

Dit sal interessant wees om vanaf Skilpad se Draai die stand van die Brandvleidam te sien.

Al probleem is dat die een agter die stuur van die bakkie ’n ervare 4x4-persoon moet wees. Só iemand skop jy nie agter elke bos uit nie.

Voor op Piet se wenslys is ’n naweek by die see.

Een van sy vereistes is dat die see letterlik ’n klipgooi van die huurhuis moet wees.

Vroulief wil ’n goeie verhoogproduksie of balletuitvoering in ’n grênd teater soos die Kunstekaap gaan kyk. En die familie moet saam.

Hoop haar planne sluit ’n ete by ’n restaurant en ’n oorslaap in.

Sulke shows maak mos laataand klaar, of hoe?

Sommige van die dinge op die emmerskoplys is al jare lank in die agterkop. Dit het duidelik uit Sondag se gesprek geblyk.

En die verskonings waarom dit nie gedoen is nie, is ook eenders. Te min tyd is een van hulle.

Laat my dink aan die grappie wat op Facebook die rondtes doen.

Die tydperk tussen naweke is net vyf dae te lank.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.