Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Tyd vir antwoorde

Hoewel dit nou al amper ad nauseum aangaan, noop gebeure Standard om weer eens kommentaar te lewer oor 4th Power Investments.

Dinge en mense se omstandighede raak desperaat. Huise gaan opgeveil word en mense verkoop hul besittings. Om te sê kommunikasie uit die stal van 4th Power se bestuursgeledere is swak, is – soos die Engelse sê – ’n ‘understatement’. Teen druktyd het doodse stilte nog geheers en beleggers begin al hoe meer vrae vra. (Dit is nou benewens diés wat nog vas glo aan Oompie se onkreukbare karakter en vet bankrekening).

Mense wat hul geld aan David Cupido toevertrou het, mag tereg vrae vra. Enige mens in ons vry, demokratiese land wat geld aan enige instansie gee onder die belofte dat dit wonderbaarlik gaan vermeerder, mag vrae vra as dit nie gebeur nie.

Daardie belofte is boonop vanaf ’n kerk se verhoog af gemaak, onder die vaandel van die pastoor se bonatuurlike geseëndheid van die Almagtige. “Die gaaf van God,” soos hy deur ’n volgeling genoem is.

Dit het die belofte, in die oë van die pastoor se aanhangers, nog ekstra stukrag gegee.

Maar daardie blink belofte begin nou klatergoud word. Mense vra dat antwoorde weg van allerhande besweringe oor ’n derde mag, die Valke, die media, die duiwel en die banke gegee moet word.

Reguit vrae van beleggers verg reguit besigheidsantwoorde:

Is ons geld daar? Wat is aan die gang? Hoekom word ons nie op hoogte gehou nie? Wys ons u bankstate sodat ons kan sien ons geld is daar? EN: Wanneer kry ons ons geld?

Het dit nie tyd geword vir ander meer gematigde gemeenskapsleiers om op te staan en in te tree vir die wat nie die mag in hande het nie?

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.