Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Worcester nie die gaafste dorp nie

Ek en my gesin het onlangs ’n kort tydjie in Worcester deurgebring en goeie genugtig, dis beslis nie die vriendelikste dorpie nie.

Mense glimlag nie sommer nie. Terwyl ons inkopies gedoen het by die Mall, stamp ’n vrou haar waentjie teen my boud en draai weg asof niks gebeur het nie. Selfs toe ek verleë teen my boud vryf om te wys dit was ietwat seer, kyk sy nie terug nie. Asof dit nie reeds die kersie op die koek was nie, groet ons ’n paar mense gaaf terwyl ons piekniek in die tuin hou, maar ’n suur frons of skaam glimlag was die reaksie.

Ons is van die platteland en gewoond aan vriendelike mense wat terug glimlag.

Die fauna en flora is pragtig in die dorp en ek wens net die gesindheid van die inwoners en hulle glimlaggies sal daarby aanpas.

Wie weet, dalk kom ons dan op so dag terug na die dorp vir nog ’n vakansie.

Vriendelike inwoner van elders,

Vriendelike inwoner van elders,
Worcester
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.