Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Worcester se mense laat bly-baadjie pas

Om van een dorp na ’n ander te trek, is amper soos om ’n baadjie aan te trek wat net-net te klein is.

Dit voel soos ’n baadjie, dit lyk soos ’n baadjie, maar dit sit net nie heeltemal reg nie. Die knoop span so ’n bietjie oor die maag, asof jy nou net van die Kersmaaltafel opgestaan het, een bakkie van jou tante se trifle te veel verorber.

In ’n nuwe dorp is die kettingwinkel wat jy elke dag besoek presies dieselfde kettingwinkel as die een in die vorige dorp.

Maar die gangetjies loop anders, die rakke is verkeerdom en die kassiere is dalk nie heeltemal so vriendelik nie (of baie vriendeliker), afhangend van watter kettingwinkel jy praat.

In die eerste jaar of wat in die nuwe dorp, is jy konstant bewus daarvan.

Elke windjie wat waai voel soos ’n nuwe, vreemde wind. En wat kan ’n mens sê oor die Worcester-winde? Hulle wat uit die westekant van die dorp aangevlaag kom oor die vlaktes, verby die hoenderplase kerjakker en dié se (sal mens maar sê unieke) reuk saambring dat jy voel jy proe hom tussen jou tande en jy klap al wat ’n venster is toe in die nag. Bang jy staan dalk nie weer op nie.

Maar stadigaan begin die baadjie pas. En dis nie minder nie as Worcester se inwoners wat die verstellings vir jou doen. Wat jou baadjie maak pas of hy nog altyd ’n Vallei-baadjie is.

In my poging om ’n holte vir my voet te vind in die dorp, het ek hier ook al ’n hele paar keer verhuis. En elke keer het ek my straat se mense met ’n traan in die oog moes groet.

In Worcester-Wes het ek in Cedar Grove gewoon. Daar het my kinders tot saans laat met hul fietse in die strate gery en was elkeen se deur vir almal se kinders oop. Saans laat was dit nie snaaks om iemand met ’n japon aan al roepende by deure in te sien loop op soek na telge wat moet kom eet en slaap nie.

Daarna het ek De la Batweg te getrek, nader aan die skool. Dit was ’n besige straat, maar my bure het opgemaak daarvoor.

Wanneer ons weggegaan het, het hulle met liefde na my honde gekyk en nie geskroom om sommer met ’n kombersding oor die muur te spring en seker te maak hulle kry nie koud in ’n onverwagse reënbui as ons weg is nie.

In Nick Prinsloostraat het ek van alle kante af vrugte van bome af gekry (en wyn), uitnodigings vir kuier was volop en het straatkrieketwedstryde dikwels tot laat saans aangehou.

Nou het ek uiteindelik my rusplek gevind in ’n huis in die middedorp, waar ek hoop om baie jare te vertoef.

En danksy Worcester se wonderlike mense, begin my bly-baadjie al weer amper te pas.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.