Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Worcester Standard
Dié op skoolvlak gaan met ‘gemors’ sit
Waarom is die winterbewonderaars so stil?
Waar is die mense wat op die snikwarm somersdae ’n ieder en ’n elk vertel hulle nie kan wag vir die winter nie?
Hul gunstelingrefrein gaan oor al die lae klere wat ’n mens in die winter kan aantrek, maar in die somer is daar min wat jy kan doen om die hitte van jou lyf af weg te hou.
Ja, die beste ding van die winter is die byna algehele afwesigheid van vlieë en muskiete, antwoord ek gewoonlik, wetend dat niemand van vlieë – en nog minder van muskiete – hou nie.
Dit gaan my verstand te bowe dat mense oor die seisoene kla. Dit is in Moeder Natuur se wiegie en ons gewone siele kan maar min daaraan doen.
Nou is daar anti-strooitjie- en
-plastieksakgroepe wat die beskeie strooitjie en plastieksak wil verban.
Dit sal glo help keer dat die aarde se temperatuur so vinnig styg.
Myns insiens speel die opvoeding van die mensdom ’n uiters belangrike rol. Mense moet geleer word om te herwin.
Ken McIntyre
Gaan kyk maar hoe lyk Kerkplein, veral op ’n naweeksoggend wanneer die weer mooi is – die pad is besaai met wegneemetehouers, koeldrankbottels en wie weet wat nog.
Dít terwyl vullisdromme oral op die plein is.
Ek het al baie gewonder hoe lyk sulke mense se motors en huise as hulle nie eens hul eie vullis kan optel nie.
Het hulle tuis ook iemand wat agter hulle moet skoonmaak, hul vuil klere moet optel en in die wasgoedmandjie gooi en hul vuil borde en glase moet was?
Hoe werk sulke mense se kop? Wat gee hulle die reg om die omgewing te besoedel? Sulke gedrag het absoluut geen verskoning nie.
Die munisipaliteit gee huishoudings gratis herwinningsakke. Vir elke vol sak wat uitgesit word, word ’n nuwe een in die posbus gedruk of om die hek geknoop.
Verder is hier organisasies soos die APD (vereniging vir mense met gestremdhede) op die hoek van Grey- en Kerkhofstraat wat ook items inneem vir herwinning.
Verskeie kerke neem ook glasbottels, papier en karton in.
Dit word aan herwinningsaanlegte verkoop en sodoende verdien die kerk ’n bykomende inkomste.
Wat meer moet gedoen word om elke Worcesteriet by herwinning betrokke te kry? Moet pamflette meer gereeld versprei word oor wat herwinbaar is en wat weggegooi kan word?
Lesings sal by die een oor in en by die ander een uitgaan. Miskien moet die opvoedingsproses op skoolvlak aan leerders oorgedra word.
Hulle gaan vorentoe letterlik en figuurlik met die gemors sit indien iets daadwerklik nie nou reeds gedoen word om die probleem op te los nie.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.