Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Worcester Standard
Jou hande tel, by die huis én by die werk.

Vir die meeste ma’s wat voltyds werk, voel dit mos teen Woensdag of dit al eintlik Vrydag moet wees.
Teen Woensdag het jy al etlike kilometers op onaardige tye agter verlore sakke aangery, hompe toebroodjies gemaak, voor die skoolhek geld vir die koekverkoping uit die diepste bodem van jou ‘weduweekruik-handsak’ gegrawe (tussen twee pakke pleisters se afgeskeurde papiertjies uit).
Dit alles met die linkerhand, terwyl jy die werk wat jou salaris betaal, met jou regterhand doen. My enkele vriendinne wat – soort van – heel aan die ander kant van dié ingewikkelde balanseertoertjie uitgekom het, en wie se kinders nou hul eie potjies krap, sê altyd: “Moenie bekommer nie, dit gaan ook verby en dan gaan jy verlang na hierdie tye.
Marlene Jordaan
“Dis amper soos army: Dis die lekkerste tyd van jou lewe wat jy nooit weer wil oorhê nie.”
En dit is ongelukkig waar, want is die tyd wat jy met jou kinders spandeer, nie die kosbaarste tyd van jou lewe nie?
Gooi nou in dié mengsel selfone, rekenaars en televisie, en die tyd wat ons werklik saam met ons kinders deurbring, krimp tot die minimum.
Hiermee skeer ek beslis nie almal oor dieselfde kam nie. Maar gesels ’n mens met ma’s (en pa’s) kom jy agter dat die meeste met dieselfde probleem sit: Ons voel die tyd met ons kinders word deur die vergrype van die lewe ingesluk.
Skool, buitemuurs, werk, sosiale lewe, verpligtinge.
Eendag terwyl jy iewers opkom vir asem, besef jy jou kinders het ontwikkel tot wesens wat jy amper nie herken nie.
Hulle het gegroei en geleer, so half in die verbygaan. Hulle bak skielik self eiers en reël speelafsprake (waar jy hulle maar ewe gedweë gaan aflaai).
En dan troos jy jou daaraan dat ’n omvattende studie wat deur die Universteit van Harvard se Besigheidskool (en ander studies ook) gedoen is, daarop dui dat die kinders van werkende ma’s op die lange duur ’n baie groter kans op sukses het.
Volgens dié studie het dogters van werkende ma’s ’n groter kans op sukses en is hul seuns meer empaties.
En voordat alle tuisbly-ma’s nou op my kop spring, dis wat die wetenskap sê.
En ook: dit troos darem die gewete as jy laataand voor die rekenaar sit en werk, en moet sê: “Mamma kan nie nou nie, mamma is net gou besig”.
Dit breek soms jou hart, maar as jy moet werk, dan moet jy werk.
Dit is soms nodig vir sommige werkende ma’s om hulself moed in te praat, wetenskaplike studies te lees om hulself te troos en agter ’n boom in ’n kussing te gaan skree waar niemand jou kan hoor nie.
Dis ’n harde pad. Dis ’n pad vol kritiek en dalk ook selfverwyt.
Maar ook: dis ’n pad waar jy wys dat jy as vrou ’n waardevolle en positiewe bydrae tot die werksmag van die land kan maak.
Dat jou hande tel, nie net om jou kinders vas te hou nie, maar daar ook.





MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.