Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Worcester Standard
Matrieks, hier is die geheim
Kom ons begin die jaar met drie brokkies goeie nuus:
.
 Die Springbokke het vanjaar nog nie ’n wedstryd verloor of gelykop geëindig nie.
.
 Dan steek daar geen waarheid in die storie dat hoenders weens die versengende hitte hardgekookte eiers lê nie. Die gerug het seker sy ontstaan in die tekort aan eiers weens voëlgriep.
.
 Verder het die meerderheid matriek­leerlinge in die Vallei uitstekend presteer in 2017 en die dwarslat vir die 2018 matrikulante ’n bietjie gelig.
Vir die matrieks van 2017 wil ek vandag waarsku – die volwasse wêreld is nie net maanskyn en rose nie.
Die rose se stingels het dorings met name soos lenings, skuld, liefdesteleur­stellings, stres en spanning.
Statistieke wys dat die meeste mense minstens vier keer van werk verander. Die voordeel daaraan verbonde is dat jy jou horisonne verbreed.
Afhangende of jy op die N1 links of regs draai wanneer jy Worcester verlaat, gaan jy agterkom dat die wêreld nie by Du Toitskloofpas of Touwsrivier eindig nie.
Ken McIntyre
Gryp elke geleentheid wat oor jou pad kom aan.
Ja, daar gaan dae wees dat jy terugverlang na die skoolbanke waar die onderwysers die kitaar geslaan en jy volgens hul pype gedans het.
Nou staan jy op jou eie twee bene en speel nie meer tweede viool nie. Jy moet self besluite neem oor alle aspekte van jou lewe – loopbaanrigting, huisvesting, liefdesverhoudings, selfs die soort motor waarmee jy gaan ry.
Ja, jy gaan foute maak en verkeerde keuses uitoefen. Dis menslik.
Die geheim is om daaruit te leer en nie soos ek dieselfde fout vyf keer te begaan om seker te maak dit is verkeerd nie.
En daar eindig jul laaste les – behalwe vir diegene wat universiteit toe gaan. Nou wonder ek of die Universiteit van die Oranje Vrystaat (Kovsies) ons predikante in Engels gaan oplei?
Dit daar gelaat.
Is die aande nie handgemaak om buite te sit en die koel, vars lug te geniet nie? Dis asof Moeder Natuur wil goedmaak vir die hitte wat ons bedags teister.
Veral met skemer is die lug besonder skoon. Rondom 20:30 begin die sterre te voorskyn kom. Eers sien jy een in De Doorns se rigting en kort voor lank is die lugruim soos ’n tapisserie wat iemand geweef het.
Al wat saans pla is die muskiete. Sodra dit skemer raak kom hulle ingezoem asof hulle op pad is na ’n feesmaal. Ek dink hulle is lafaards. Hoekom is hulle bedags so skaars wanneer hulle met die plat hand bygedam kan word?
En hoekom wag hulle tot die oomblik wanneer jy wil insluimer?
Dis te warm om ’n pak aan te trek amper soos die een wat Elvis Presley op die verhoog gedra het – ’n hoë, gevleuelde kraag om die nek te beskerm en stewels om vir die enkels te keer, en ’n gesigmasker soos ’n inbreker.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.