Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Worcester Standard
Twee susters sterf in botsing by Rawsonville
Jordaan susters


Twee susters van Worcester is onder die agt mense wat Vrydagaand in drie afsonderlike ongelukke op die N1 net buite Rawsonville dood is.

Die susters Caylynn (20) en Cara-Lee Jordaan (16) se pa, Clive, het Sondagoggend aan Standard bevestig dat sy oudste dogter swanger was ten tyde van die ongeluk. Cara-Lee was ‘n graad 10 leerder aan die Hoërskool Montana.

Een van die bakkies wat in die ongeluk betrokke wa
Een van die bakkies wat in die ongeluk betrokke was.

Boodskappe van medelye het op sosiale media ingestroom na die dood van die twee susters.

Dié ander person wat in die ongeluk dood is waarin die Jordaan-susters gesterf het, is Jason Jordaan van Stellenbosch. Jason en die twee susters is nie familie van mekaar nie. Jason se broer Estian het Sondagoggend bevestig dat hy ook in die ongeluk oorlede is. 

Volgens die provinsiale verkeershoof, Kenny Africa, het dié botsing reg van voor omstreeks 19:00 net verby die Rawsonville-weegbrug gebeur.

Montana het Saterdag ‘n boodskap van medelye op hul Facebook-blad gedeel en die nuus van Cara-Lee se afsterwe bekend gemaak. “Mag die Here self hierdie familie in hierdie tyd vertroos en ondersteun. Ons innige simpatie met die groot verlies,” lees die inskrywing.

Jason Jordaan
Jason Jordaan is ook in die ongeluk dood.
Caylynn Jordaan
Caylynn Jordaan was swanger tydens die ongeluk.
Cara-Lee Jordaan
Cara-Lee Jordaan was 'n gr. 10-leerder aan die Hoërskool Montana.

Africa sê in die tweede ongeluk, wat in die rigting van die Hugenotetonnel gebeur het, het twee vragmotos en ‘n ligte voertuig, omstreeks 19:15 met mekaar gebots. Dié ongeluk was slegs 800m van waar die eerste ongeluk gebeur het. Vier vroue is in dié ongeluk dood.

“Die eerste vragmotor en die ligte voertuig het baie stadig in die linkerbaan gery toe die tweede vragmotor die agterkant van die motor getref het. Die motor is toe soos ‘n blikkie tussen die twee  vragmotors platgedruk,” sê Africa.

Die bestuurder van die tweede vragmotor is hospitaal toe geneem vir behandeling.

In die derde ongeluk, wat ook in die Rawsonville-omgewing plaasgevind het, het ‘n voertuig glo ‘n voetganger noodlottig getref. “Ons het tans geen verdere besonderhede oor die ongeluk nie,” sê Africa.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.